Vier dood toe bakkie, vragmotor bots

Foto: Verskaf.

Vier mense is dood en een persoon beseer toe ʼn bakkie en ʼn vragmotor Vrydagaand op die R545 tussen Kriel en Bethal in Mpumalanga gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks middernag Vrydagaand plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle twee mense vasgekeer in die bakkie aangetref. Meganiese toerusting moes gebruik word om beide uit die bakkie te bevry. Die twee mense het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.

Volgens haar is twee ander persone ʼn paar meter van die bakkie aangetref. Beide persone is op die toneel dood verklaar.

“Die bestuurder van die vragmotor het op die toneel rondgeloop en was net gering beseer. Hy het geweier dat paramedici hom na die hospitaal vervoer.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie in dié stadium duidelik nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Abe

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

lewies ·

Dit gaan nou te erg!. Iewers is daar ‘n groot skroef los. Ons vra die waarheid en niks minder as die waarheid nie. Hoop ons sal die waarheid oor hierdie ramp hoor, asook die waarheid oor die busongelukke die afgelope tyd.

Piet Pompies ·

Ons het Vrydag aand op die N4 Nelspruit rigting Gauteng gery. Die bestuurder van ‘n grys Bakkie het na sononder my op ‘n sperstreep verby gegaan. Hy het nie ‘n konstante spoed handhaaf en ek het hom ook verby gegaan omdat hy stadig ry. Hy het my ‘n 2de keer op ‘n sperstreep verby gegaan. Ons kon sien dat die bestuurder en passasier bier drink terwyl hulle ry. Ek glo nie die twee sou ooit hul bestemming beteik.

Suzette ·

Ai piet pompies dit gaan net erger raak my vriend bier drink agter die kar se stuurwiel is niks. Wat van al die dagga koppies wat nou die reg het om te rook en dan bestuur hulle net daarna. Dit raak net erger en erger bly op Northam en jy wil nie weet hoeveel trek van die pad af en suip bier nie agter die stuur langs die pad, dis nag. Oe is bloedrooi van die “pot”. Die Here is al wat hier kan help. Behalwe dat hulle hulself uitwis besorg hulle baie trauma aan die ordentlike padgebruikers

Asjas ·

Ek het laas week Donderdag agter Taxi gery, volgende oomblik gooi hy blik by venster uit, ‘N BIER BLIK!!! Toe jaag hy oor 4 rigting stop en kort op sy hakke verkeersbeampte. Vir ‘n oomblik daar raak ek toe bly maar NEE, by die volgende 4 rigting stop jaag hulle weer albei oor maar in twee verskillende rigtings …
So waar le die probleem nou eintlik?

Johan ·

Nou hoekom wil die bestuurder nie opgeneem word nie . Seker bang hul ruik iets

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.