Vier dood toe motor padroller tref

Die ongelukstoneel op die N4-tolpad naby Malelane. (Foto: Verskaf)

Vier mense is Dinsdag op die N4-tolpad naby Malelane in Mpumalanga dood toe ’n motor en ʼn  padroller in ʼn botsing betrokke was.

Drie van die slagoffers sluit die bestuurder en twee passasiers van die motor in. Die bestuurder van die padroller het ook in die ongeluk omgekom.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het ʼn vyfde persoon “kritieke beserings” opgedoen.

“Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium onbekend. ʼn Ondersoek is reeds onderweg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Onnie ·

Tragies, 4 mense dood! Op die foto lyk dit vir my of daar nog ‘n persoon agter in die voertuig is?

Aggie ·

‘n Roller is ‘n stadige voertuig. Moes daar nie veiligheidsvoertuie voor en agter dit gewees het nie, soos ons dikwels sien as stadige groot vrag vervoer word?

Cassie Carstens ·

Hier was nalatigheid en roekeloosheid beslis aan die orde van die dag – maak nie saak wie se kant nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.