Vier dood toe motors vroegoggend bots

(Foto: Netcare 911)

Vier mense is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe twee motors reg van voor tussen Charl Cilliers en Embalenhle in Mpumalanga gebots het.

Die ongeluk het tussen 04:00 en 06:00 op die R546 gebeur.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê drie mense het op die toneel gesterf, terwyl die vierde persoon op pad na die hospitaal dood is. Die vier oorledenes was almal insittendes van dieselfde motor.

(Foto: Encee Van Huyssteen/The Bulletin)

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê ʼn man in die tweede motor het matige beserings opgedoen. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJC ·

Alida ons weet almal as die mis erg is moet ons stadig en versigtig ry maar mense steur hulle eenvoudig nie daaraan nie en jaag soos besetenes en verontagsaam alle verkeersreëls ten spyte van die gevaarlike toestande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.