Vier dood toe muur by troue omslaan

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Vier mense is dood toe ’n muur Saterdag gedurende ’n huwelikseremonie in die omgewing van Polokwane in Limpopo op hulle ineengestort het.

Die voorval het omstreeks 17:30 in GaChuene, Thogwaneng plaasgevind.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê gaste het gedurende die  huwelikseremonie in ’n tent gesit wat aan ’n gebou sonder ’n dak staangemaak is. ’n Sterk wind het die tent omgewaai en die muur het in die proses ineengestort.

Drie mense is op die toneel dood terwyl 12 ander in ’n ernstige toestand na die hospitaal geneem is. Nog ’n trougas het in die hospitaal aan sy of haar beserings beswyk.

Mojapelo sê die polisie het reeds begin om die oorledenes te identifiseer en hul identiteit sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dries ·

N dak hou die mure vas. Waar is die dak. Geplunder soos als in SA geplunder word. Tragies

Samuel ·

Dit is ‘n ongelooflike tragedie! Sterkte en meegevoel aan almal wat naasbestaandes verloor het. Nie ‘n troue om te onthou nie.

Francois Le Cochon ·

Tragiese gebeurtenis wat verhoed kon gewees het.
Die organiseerder sowel as die tent verskaffer moes eers toestemming van die brandweer gekry het, en die brandweer moes die tent voor die funksie goedgekeur het. Wetgewing verbied dat ‘n tent aan ‘n gebou vasgemaak word.

KB ·

‘n Muur “slaan” nie om nie, dit “val” om (ʼn Voertuig slaan om). ‘n Gebou “stort ineen”, nie ‘n muur nie.

SjN ·

Die krag van die wind en die verdere spanning van die tent wat geanker was aan die gebou het die muur laat omval, opskrif is foutief.

Linx ·

So van die punt af,of die muur omgeval,afgeval,omgeslaan of flou gval het,dit het 4 mense se lewens gekos,punt klaar ons almal het die boodskap gekry

Louise ·

Dis n tragiese ongeluk wat enige tyd en enige plek kan gebeur. Niemand kry eers n bou inspekteur uit voordat n gebou gebruik word nie. Dis daai groot woord wat ons net MENS maak.
Baie sterkte aan die familie, vriende en gaste!

Swerwer ·

Wat het van die dak/dakkappe geword. Dit is wat die gebou staande hou. Aan wie behoort hierdie perseel/gebou……………die persoon behoort mos te weet dit is ‘n gevaar om ‘n tent aan so ‘n gebou te heg. Hy moet maar pa staan. Die arme troupaartjie se huwelik het op ‘n verkeerde noot afgeskop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.