Vier dood toe passasier taxibestuurder wurg

Argieffoto

Argieffoto

Vier persone is dood en ses ernstig beseer in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi toe ʼn passasier glo probeer het om die taxibestuurder op die N2 naby Empangeni te wurg.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse padverkeersinspektoraat, het Sondag gesê ooggetuies voer aan ʼn passasier het die taxibestuurder aan die keel gegryp, en sy aandag was dus afgetrek van die pad toe die ongeluk plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik waarom die passasier die taxibestuurder wou wurg nie.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het ook bevestig pasiënte het aangedui ʼn passasier wou die bestuurder wurg net voor die ongeluk plaasgevind het.

Die man wat glo die bestuurder wou wurg, het van die toneel gevlug.

Mngomezulu het gesê die vragmotor was in die stadige baan op pad van Mtubatuba na Durban toe die taxi, op pad van Empangeni na Nseleni met 15 passasiers, dit getref het.

Botha het gesê drie mans, insluitend die taxibestuurder, en ʼn vrou is in die ongeluk dood. Paramedici van die provinsiale nooddiens en privaat ambulansdienste het reageer op die oproep.

“Ses passasiers is ernstig beseer en die res het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Botha bygevoeg. “Die persone is na verskeie hospitale in die gebied geneem.”

Die ongeluk het naby Nseleni, ongeveer 20 km noord van Empangeni, plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Antonio ·

Daar is maar net nie raad vir totale onnoselheid nie. Mens hoop eintlik die sot wat die taxibestuurder gewurg het, het ook maar omgekom. Eish

Cherokee ·

Jy moet maar weer lees dan sal jy sien dat hy gevlug het.

Takkie Takuuza ·

Nee Piper, moet nie so gou inspring en kommentaar op kommentaar lewer nie. Lees tog wat Antonio gesê het.

Tiger ·

Ek sal graag dat Maroela Media terug voering kry oor die een wat die bestuurder gewurg het.Hy behoord 4 moord anklagtes en 10 poging tot moord klagtes teen hom te he.Soek die polisie ooit na hom?Maak in elkgeval nie regtig saak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.