Vier dood, twee kritiek ná N2-botsing

Foto: IPSS Rescue via Facebook

Foto: IPSS Rescue via Facebook

Vier mense, onder wie ʼn agtjarige kind, is dood nadat ʼn motor en ʼn bakkie vroeg Sondagaand op die N2 naby Stanger in KwaZulu-Natal gebots het.

IPSS Medical Rescue het in ʼn verklaring gesê met hul aankoms op die toneel het hulle die wrakke in die middel van die pad gevind, met die insittendes steeds binne vasgekeer. Brandweerbeamptes van die Kwadukuza-brandweer moes meganiese toerusting gebruik om die wrakke oop te sny en die insittendes te bevry.

Twee mense het reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk en vier ander, onder wie die kind, was in ʼn kritieke toestand. Kort nadat die insittendes uit die wrakke bevry is, het die kind ook op die toneel gesterf.

Die ander beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar een van hulle het ook deur die nag aan ernstige beserings beswyk.

Die ander twee pasiënte is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jean ·

Sjoe, ek haal my hoed af vir die nooddiens en brandweer personeel wat hierdie mense moes uitsny en aanskou hoe van die mense (insluitend ‘n kind) voor hulle oë doodgaan. Dit moet vreeslik wees om daagliks op hierdie tonele af te kom, dankie vir julle harde en onbaatsugtige werk. Sterkte aan die oorledenes se familie en vriende.

Hannie ·

Geen nuus van Maroela aangaande betogings by universiteite?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.