Vier dood tydens skietery in Houtbaai

Argieffoto

Vier mense is Maandagoggend dood en twee ander beseer in ʼn skietvoorval by ʼn taxistaanplek in Houtbaai in die Wes-Kaap.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Traut het ʼn skietery omstreeks 06:45 by ʼn taxistaanplek in dié Kaapse voorstad uitgebreek. Vier mans het in die voorval omgekom waarna twee ander, vermoedelik ʼn man en ʼn vrou, na ʼn hospitaal geneem is vir mediese behandeling. “Dit is wat ons verneem. Ons probeer hulle nog opspoor,” het Traut verduidelik.

Die slagoffers is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie, het hy gesê.

Misdaadtoneelkenners fynkam tans die toneel vir leidrade terwyl ʼn span speurders op die been gebring is om die jongste skietvoorval te ondersoek nadat ʼn soortgelyke voorval verlede Donderdag in Houtbaai aangemeld is. Traut het nie meer inligting rakende dié voorval verskaf nie.

Hy het gesê die motief vir Maandag se skietery is nog nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die onderskeie voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

willem Botha ·

Die polisie blyk net 3 sinne te ken ,ons ondersoek,geen verdagtes ,en kan die publiek help ,hoekom hoor ons nooit van misdaadvoorkoming nie ,taxi staanplekke word deursoek,padblokades en voetpatrollies by misdaad “hotspots”,ek gaan dit weer se kriminele doen wat die sogenaamde polisie hulle toelaat.

marous ·

Land van moord en doodslag . Nie eers ‘n Venuzuela dwelm baas sal sy voete hier wil sit nie

Foxi ·

Goed gesê, ek glo nie eens Brazilië se grootste mafia baas sal ook nie sy voete hier sit nie! Daar is n tekort aan goeie cowboy flieks. SA hoef nie eens te soek vir akteurs nie, jy tel hulle sommer by die taxirank op. Ek glo regtig SA sal n Oscar ontvang in eerste plek.????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.