Vier dood, vrou gewond ná skietery

Argieffoto

Vier mans is dood en ʼn vrou gewond in ʼn skietvoorval Vrydagaand in Zwide in Port Elizabeth.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê ʼn 38-jarige vrou het gehoor hoe mense omstreeks 22:45 baie hard rusie maak in die woning langs hare.

“Sy het oorgestap na die hut om hulle te vra om stil te bly waarna daar verskeie skote in die hut afgevuur is. Die vrou is in die proses in haar arm gewond en het na veiligheid gehardloop,” het Beetge gesê.

“By polisie se aankoms op die toneel het beamptes die liggame van vier mans aangetref – twee binne die woning en twee buite.”

Volgens Beetge kon slegs die eienaar van die hut, Bongani Yoni (32), geïdentifiseer word. Verskeie patroondoppies is op die toneel gevind. Dit is in dié stadium nie bekend wie die skieters was of wat die motief vir die moorde is nie.

Beetge het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om kapt. Jerome Mackay by 076 018 0713 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elsa ·

Hierdie vrou kan bly wees sy is nie ook noodlottig gewond nie. Hierdie geval wys ook vir my dat sulke tipes misdaad nie net teen blankes gemik is nie en dat swartmense baie meer slagoffers daarvan is as blankes. Tog, as so iets soos in hierdie geval gebeur het, dan is baie mense tjoepstil en maak asof dit niks was nie. Enige lewe is kosbaar, maak nie saak wat die velkleur daarvan is nie!

Oujongvrou ·

Elsa jys doodreg. Laat my wonder hoe rassisties ons mense rerig is. En dan stry almal. As hierdie berig oor blankes was dan was daar al 50 kommentare hier

Leon ·

Tragies dat sulke gebeure byna nie eens meer die nuus haal nie. Ons nasie in totaliteit is al so siek geslaan met moord en verminking, dat vier mense wat sterf, nie eers meer saak maak nie!!! Wanneer gaan ons leiers wakker word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.