Vier dood, vyf beseer in gru-ongeluk

Gru-ongeluk op die R500 (Foto: Verskaf)

Vier mense is dood en vyf ernstig beseer in ’n gru-ongeluk vanoggend op die R500, 8 km buite Fochville in Gauteng.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is om 10:15 na die toneel ontbied waar ʼn bakkie met ʼn sleepwa omgeslaan en gerol het.

“Pasiënte is verspreid oor die toneel aangetref, het Meiring gesê. “Vier mans is op die toneel dood verklaar.”

Vyf mense, vier mans en ʼn vrou, het ernstige beserings opgedoen en een van die kritiek beseerdes is per helikopter na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Nog drie beseerdes is ook deur private mediese helikopters na nabygeleë hospitale gehaas.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is in dié stadium nie bekend nie en die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Albert ·

enkelkajuitbakkie verongeluk helemal op sy eie, 4 dood, 5 ernstig beseer, 3 minder beseer, As die bestuurder nog lewe moet hy vir moord aangekla word oor hy sy bakkie oorlaai en dan ry met hom. 12 mense op bakkie en jy ry vinnig genoeg dat as iets fout gaan is 4 dood, is moord, nie ongeluk nie

Daleen ·

Die mense wat dood is en beseer was nie op die bakkie nie. Die skoonmakers wat langs die pad die gras gesny het.Die man het beheer verloor en die trailer het saam die bakkie beheer verloor en die mense raak gery wat besig was om gras te sny

humor ·

As minderheidsgroepe wil oorleef dan moet hulle van die paaie afbly.

Amanda ·

Onverantwoordelike bestuurders het nie n spesifieke kleur nie, Saterdagmiddag op pad tussen Rustenburg en Pta, op die deel van N4 wat nog enkelrybaan is, gaan n blanke man verby n string motors agter n vragmotor verby, reg in ons baan wat aankomend is, en sowaar die man flikker vir ons ligte om te gee pad, gelukkig sien ek dit en waarsku my man, anders was ons kop aan kop

Gerrit Janse van Rensburg ·

Voertuig was hopeloos oorlaai!
Ons het wetgewing wat ons verplig om veiligheidsgordels in ons voertuie te dra en dit is reg so; maar terwyl dit toegelaat word dat mense agterop bakkies vervoer word sonder enige veiligheidsvoorsorg , moet niemand my vertel dat ons regering ernstig is oor padveiligheid nie!

Judy Steyn ·

Dis waar né. Bly weg van die paaie af … jou kanse om te verongeluk is net te groot. As jy ‘n taxi voor of agter sien aankom, trek af, hou stil tot hy heeltemal weg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.