Vier dood weens onwettige kragverbindings

(Foto: Eskom/Twitter)

Vier mense is reeds die afgelope maand in die Tonga-omgewing in Mpumalanga weens onwettige kragverbindings dood.

ʼn 36-jarige vrou is Maandag in Gritana dood. Sy het brandwonde opgedoen nadat sy glo in aanraking met ʼn gelaaide elektriese kabel gekom het en is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ʼn Tienerseun is ook Maandag dood toe hy deur onwettig gekoppelde elektriese kabels in Kamhlushwa geskok is. Die 12-jarige seun is na ʼn buurman se huis gestuur toe hy op die kabels getrap en inmekaargesak en gesterf het.

ʼn 16-jarige meisie is verlede week dood toe sy en ʼn vriendin in ʼn straat gestap en sy op ʼn elektriese kabel getrap het. Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes die meisie in ʼn plas water aangetref met elektriese kabels wat om haar gelê het. Sy is op die toneel dood verklaar.

In nog ʼn voorval het ʼn man by die huis aangekom waarna sy suster hom meegedeel het dat daar ʼn elektriese fout was. Hy het dit probeer herstel en het geskok. Die man is na ʼn hospitaal gehaas waar hy dood verklaar is.

Die polisie in Mpumalanga het ʼn beroep op gemeenskapslede gedoen om onwettige kragverbindings te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gerhard ·

Die polisie doen ‘n beroep om gemeenskapslede om onwettige kragverbindings te vermy….OMW…. dit moenie vermy word nie, dit moet heeltemal tot niet gemaak word. Behalwe die Biljoene wat aan ESKOM geskuld word, is hierdie ook ‘n rede tot ‘n tekort aan krag. Wetteloosheid….

Harley Davidson ·

Hoe belaglik” n beroep gedoen ” klink of hulle gevra het dat hulle dit asb nie meer moet doen nie so die kriminele het nou ‘n keuse.

57 Chevy ·

Dis net hartseer dat onskuldige kinders die duur prys moet betaal vir brein dood groot mense . Die ouers is bewus daar van kla hulle ook sommer aan vir manslag dan sal dit ook die onwettige krag verbindings beperk .Die gevalle moet aan die regering se klok gehang word .

Amelia ·

In Pretoia wes lee verlenging koord oor pad vir karwas in veld Die mense is glo al gewaarsku maar wat help waarsku en wie gaan verantwoordelik gehou word indien iemand iets oorkom

Harley Davidson ·

Rapporteer aan die raadslid en hou hom verantwoordelik.

domheks ·

cANCer kan nie wet behoorlik toepas nie. Daar is mos voor 1994 belowe gratis krag, water, dienste en behuising met spoel toilette! By sekere skole is daar nog puttoilette na 30 Jaar! Maar die t-shirt en KFC koop vir hulle die stemme, en daarna hoor hulle vir 4 jaar NIKS van cANCer nie!

Althes ·

Die polisie het ñ beroep gedoen ( eintlik meer ñ gebrek aan om iets doeltreffender te sê en meer om polities korrek te wees), gaan die mense hul min steur aan wet en orde.

Realis Thailand ·

Ek moet se ek het geen simpatie met hulle want hulle en hulle familie weet vd onwettige verbindings en doen niks daaraan nie

Lillian ·

En ten spyte hiervan floreer onwettige elektriese verbindings oral

john ·

Raak net streng huishoudings wat onwettig verbind is moet gearesteer word en gevangenis straf opgele word volg net die kabel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.