Vier doodgeskiet wat glo transitoroof beplan het  

(Foto: SAPD)

Vier vermeende rowers is in Noordwes deur die polisie doodgeskiet nadat inligting oor ʼn beplande transitorooftog opgevolg is.

Volgens kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het ʼn multidissiplinêre span van die polisie inligting opgevolg oor ʼn groep verdagtes wat glo ʼn transitorooftog tussen Gauteng en Noordwes beplan het.

“Die inligting is opgevolg en die verdagtes se voertuig is op die N4-hoofweg opgemerk. Die verdagtes het in die rigting van Mmakau buite Brits gery en ʼn hoëspoedjaagtog en skietgeveg het gevolg toe die verdagtes besef het hulle gaan vasgetrek word.”

(Foto: SAPD)

Die bestuurder van die verdagtes se voertuig het beheer oor die motor verloor en teen ʼn heining in Mmakau vasgejaag.

“Vier verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, is tydens die skietery noodlottig gewond en die polisie het op drie ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marcha ·

Net 4 en die Ander 15 of so het weggekom. Gewoonlik is hulle mos n hele span wat die soort ding uitvoer

Daizee ·

Kan ons asseblief net uitsluitsel kry oor waar die wapens vandaan kom?!

Willem ·

Wonder net hoeveel van die skurke was polisie manne gewees, dis mos die norm dat die polisie wat nie aan diens is nie besig is om ons te beroof.

Impact ·

Wow, wel done SAPD. Ons gaan seker uitvind dat hulle ook lede van die SAPD was.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.