Vier ‘dwelmmuile’ vas

Argieffoto

Argieffoto

Vier vermeende dwelmmuile, onder wie ʼn lugwaardin, is die afgelope paar dae by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê doeanebeamptes het op dwelms ter waarde van sowat R4,2 miljoen beslag gelê.

ʼn Boliviaanse vrou is Sondag in hegtenis geneem toe 9 kg se kokaïen ter waarde van amper R2,6 miljoen glo in haar bagasie gevind is. Sy was op pad na Maputo in Mosambiek.

ʼn Lugwaardin van ʼn Suid-Afrikaanse lugredery is Vrydag deursoek en beamptes het glo op kokaïen wat onder haar uniform versteek was afgekom. Volgens Memela het die kokaïen sowat 6,5 kg geweeg en het dit ʼn straatwaarde van R1,9 miljoen.

Volgens Memela is nog ʼn vrou in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms ter waarde van R575 000 in haar handsak gevind is. ʼn Man wat van Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo na Johannesburg gereis het, is vir X-strale gestuur nadat ʼn beampte vermoed het hy het dwelms ingesluk. Die X-strale het glo verdagte voorwerpe in sy maag aangedui en is daar bevestig dit was kokaïen nadat hy dit uitgeskei het.

Daar is op die dwelms beslag gelê en die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KarenG ·

Ai tog…en daar vlieg haar loopbaan weg…regtig nie die moeite werd nie!!

Lugwaardin ·

Sou WAT wou gee om die naam van die SA lugwaardin te kon weet. So arrogant op vlugte, nou gaan jy bietjie in die tronk sit . .. of dalk nie .. hang seker net af van wie jy ken?

John ·

OR Tambo is skynbaar die middelpuntvliedende krag van die misdaadwereld.

Elize ·

Geniet jul kuier op staatskoste. Hoop dis n lekker laaaang een

Vanessa ·

Dis ongelukkig so dat as jy nou ‘n lugwaardin wat maar 15 000 huis toe vat byvoorbeeld, 100 000 moet aanbied van die 1.9miljoen straat waarde, hul nie twee keer gaan dink nie. Die ekonomie in die land is die oorsaak van al die violent crime / inbrake / hijackings / drug smuggling / human trafficking. dis HORRIFIC to say the least. Ek dink juis ek het altyd mense op die straat gehelp, maar met die huidige gang van dinge in SA hou ons nou ons beursies in die kattebak om smash en grab te verhoed. en wie lei daaronder? die ou wat nie werk kry nie en moet bedel vir kos. nie die ministers van justice en hul gades met hul maseratti’s en fancy eiendomme en twintig kids nie… dis baie sad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.