Vier EFF-lede vas oor Bothaville-brandstigting

EFF-lede. Argieffoto: SAPA

EFF-lede. Argieffoto: SAPA

Vier lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het hulself aan die polisie oorgegee nadat ses huise in ʼn informele nedersetting buite Bothaville in die Vrystaat afgebrand is.

“Die persone het EFF-hemde aangehad toe hulle hulself gister [Maandag] by die Bothaville-polisiestasie oorgegee het,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerdervan die polisie, gesê.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, kon nie onmiddellik bereik word om te bevestig of die vier wel lede van die party is nie.
Die vier sal na verwagting Dinsdag in die Bothaville-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld, brandstigting, poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging.

Ses huise is Vrydag in Kgotsong afebrand. Vier van die huise het aan raadslede van die plaaslike munisipaliteit behoort. ʼn Biblioteek is ook aan die brand gesteek. Twaalf mense is in hegtenis geneem en het Maandag in die Bothaville-landdroshof verskyn. Hulle saak is tot 13 Oktober uitgestel wanneer hulle na verwagting om borg sal aansoek doen. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VerVanRyn ·

Iets is snaaks hier. Van wanneer af gee die skuim van die samelewing hulself oor aan die owerhede nadat hulle iets verkeerd gedoen het? Ek ruik petrol…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.