Vier familielede in huis doodgeskiet

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord op vier familielede in Browns Farm op die Kaapse Vlakte.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, dui voorlopige inligting daarop dat twee gewapende mans Donderdagaand ʼn huis in Makhosistraat binnegedring het.

“Drie vroue en ʼn seun is doodgeskiet,” het Potelwa gesê. Die vroue was onderskeidelik 18, 30 en 69 jaar oud en die seun was 11 jaar oud.

Nog ʼn persoon is tydens die skietery beseer en na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Die polisie het ʼn 72 uur lange aksieplan in werking gestel en hulpbronne gemobiliseer om die verdagtes na te spoor en in hegtenis te neem.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jessica ·

Weereens dankie aannons President en die polisie wat nie hul landsburgers kan beskerm nie.

Cornelius ·

Wat n wettelose land onder die ANC. Moord en doodslag is n integrale deel van n hulle politiek en regering.

Hercules ·

def van terrorisme:
“die onwettige gebruik van geweld, manupilasie en intimidasie, veral teen onskuldige burgerlikes, in die strewe na eie politieke doelstellings”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.