Vier familielede sterf toe motor hulle tref

(Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Die polisie in Lebowakgomo buite Polokwane (Pietersburg) in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná vier persone Dinsdagaand deur ʼn motor getref is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die persone, tussen 10 en 55 jaar oud, het omstreeks 20:00 naby Maralaleng op ʼn grondpad gestap toe ʼn motor hulle getref het. Die motor was van Lekurung na Dithabaneng op pad.

Die vier persone is uitgeken as Veronica Maswinyane (55), Pontsho Kadiaka (30), Constance Kadiaka (40) en Thereso Kadiaka (10).

“Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied. Die vier persone is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seemonster ·

Enige kombinasie van spoed, drank, selfoon tydens bestuur, geen strepe op pad, donker kan oorsaak wees. Vir my kom dit alles in kategorie van roekelose bestuur – nie aangepas by omstandighede nie.
Wonder of die insittendes iets oorgekom het. Daardie motor lyk sleg. Lyk asof spoed nogal hoog was.

Donker ·

Dis waarom mense hier waar ek bly verplig is om as dit donker is en mens loop of ry fiets buite n liggewende kledingstuk bo oor jou gewone klere moet aantrek, anders kry ons n boete ek dink nogal as ek al die komnentare so lees is dit dalk die oplossing vir plaasmoorde en skelms? Sonder so n kledingstuk mag almal raakgeskiet word sonder dat die boere kan moeilikheid kry, en met die kledingstuk natuurlik ook want wat soek hulle op jou plaas. So ek stel voor, almal wat na sonsonderdag buite rondbeweeg dra dit, julle kan dit by my bestel.

Magda ·

So tragies- kan vandag se tyd nie eers meer veilig langs n pad loop nie – Seker spoed en dronk bestuur – sterkte aan die Families van die oorledenes.

Leon ·

Dit is donker. Daar is nie straatligte nie. Dit is ‘n grondpad. Daar is honderde gate. Hulle dra altyd donker klere. Hulle loop altyd in die middel van die pad. ‘n Resep vir ‘n ramp. Vra mense wat al op die grondpaaie in die nag gery het.

Donker ·

Ja Leon , baie donker, ek het baie grondpad gery daar, totdat my man en seun op n grondpad vermoor is, toe is ek weg met my 5 kinders wat nog lewe, en mens kan dit nie by my bestel nie, ek wou hê mense moet weet dit bestaan. Ek is seker daar van mens kan dit by julle ook koop. En die regering kan dit verskaf ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.