Vier gesinslede sterf in gru-botsing

Franzelle van Biljon Sadie en haar dogter Marizelle. Foto: Via Facebook.

Die polisie het Dinsdag die name bekend gemaak van die sewe mense wat Sondagmiddag in ʼn gru-ongeluk in Limpopo dood is. Vier van hulle was van dieselfde gesin.

Maroela Media het vroeër berig twee voertuie het mekaar reg van voor op die N1-snelweg tussen Mookgopong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) naby Tobias getref.

Die bestuurders van die voertuie en vyf passasiers is op slag dood. Twee passasiers, waarvan een ʼn vierjarige kind is, het beserings opgedoen en is na die Mokopane-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die oorledenes in die een voertuig as Dawie (62) en Elsa (60) Sadie, hul dogter, Franzelle van Biljon Sadie (33), en Franzelle se oudste dogtertjie, Marizelle (6), geïdentifiseer. Franzelle se jonger dogter word nog in die hospitaal behandel. Die gesinslede was almal inwoners van Louis Trichardt.

Die oorledenes in die ander voertuig is Flora Maluleke (45), Tintswalo Nkombyame Maluleke (39) en Glen Nkombyane (25). ʼn Passasier in dié voertuig is ook vir behandeling in die hospitaal opgeneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Ngoepe het vroeër gesê een van die bestuurders het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit in aankomende verkeer in beweeg het.

Elsa Sadie. Foto: Via Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

job jobson ·

EK vestaan nie – strafbare manslag. Albei bestuurders moet nog net ter ruste gelê word.

Lientjie ·

Dit is standard procedure om ‘n dossier te open maar word weer dadelik gesluit.

Karma ·

So jammer vir die Sadie en Van Biljon-Sadie gesinne! En so ‘n ou prag-dingetjie, net 4 jaar oud, toe sy deur die Here kom haal is.

Sterkte aan die Sadie en Van Biljon-Sadie families en vriende in dié hartseer tyd.

Jay ·

Sy was 6 nie 4 nie dink die 4jarige is in die hospitaal. Nogsteeds so so tragies. Baie hartseer.

Edward Shawe ·

Al is altwee die bestuurders oorlede word daar nog steed n ondersoek van strafbaremanslag gedoen. Dis n roetine wat moet gevolg word om vastestel watter bestuurder die skuldige was. Dit moet gedoen word vir versekerings doeleindes.

Sus ·

Ek weet dat hulle ook spesifiek soek vir koeëlwonde aan die oorlede bestuurder(s) – daarom die strafbare manslag saak. ‘n Dwaalkoeël kan veroorsaak dat die bestuurder beheer verloor en dan is daar ‘n skuldige party wat gesoek moet word.

Gouws ·

Sal graag wil weet wat is die uitslag van die ondersoek , wie was diei oorsaak van die ongeluk ?

Kamera ·

Die wetlike vereiste van ‘n kamera in ALLE voertuie is nou daadwerklik nodig.

Oom Walker ·

Die kameras sal dan net weer aanhoudend uit die voertuie gesteel word…

Kamera ·

Jy haal hom af wanneer jy die voertuig verlaat. Ek doen dit die laaste twee jaar.

Wouter ·

Ek ken die mense. Dis baie hartseer hoop ons sal weet wie was aan verkeerde kant van die pad. Hulle moor ons mense uit op die paaie omdat hulle ongeduldig is en nie bevoeg is nie. Oom Dawie was saam my in die Lugmag.

Sam ·

En se nou net dit was Oom Dawie se skuld gaan jy dan ook hier sit en se hyt hulle uitgemoor? Nee sies man!

Danie ·

Ken die sadie mens persoonlik was my vriendin gewees daai oom was wet gehoorsaam gewees ek dink dit was meer die ander party se skuld gewees eerlik….om te dink dit was die tannie se verjaarsdag wat hulle gevier het by klein kariba rus in vrede oom tannie Fran en marizelle

Willem ·

Sterkte vir albei gesinne. Waar kan die kameras aangekoop word? Ek stem saam dat dit belangrik is om in vandag se tyd kameras in jou motor te installeer.

Chris Ws ·

Ons simpatie met die naasbestaandes.Net nog ‘n bewys van ‘n onbevoegde bestuurder op ons paaie.Hoe de joos ry jy op ‘n snelweg van jou baan oor na die aankomende baan sonder dat jy kan rem ?Hoe Spoed , onbevoegdheid en/of onpadwaardige voertuig speel hier ‘n rol en onskuldige mense betaal met hul lewens.Dit maak mens bang om erens heen te ry deesdae.Gelukkig het ek lankal ‘n ”dashcam” in my voertuig.

Dottie ·

Laat mens terug dink aan die gesin van Vaaldriehoek so 2 of drie jaar terug wat ook 5 in motorongeluk dood is op Heidelbergpad tussen Meyerton en Heidelberg!, was ook ma, pa, dogter en een kleinkind….

Ouers ·

So DANKBAAR..die genade gee( gesin )2de kans.
DIE LIEFDE vir die (kinders )wat GELEEN WORD is die KANS wat jou as( ouers ) 100% nou verder met GOD se WOORD BEMAGTIG die toekoms saam.. lewe is maklik maar mense en dinge bevoeter als. Sterkte.

Karmi ·

Kry koue rillings as ek terugdink. Ek het ook 4 familie-lede in ‘n kop-aan kop botsing verloor. Die ander bestuurder was besope, sonder lisensie…… Al is dit jare terug bly dit by jou soos ‘n nagmerrie.

Pieter Spire ·

Tragies en hartseer! Almal weet dat die soort van tragedie hom daagliks afspeel op ons paaie… Hoe troos mens die arme mense se hartseer? Beslis nie om te se: “Alles gebeur vir n rede” en ‘Eendag sal ons weet”…en…”Dit was deel van die plan” nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.