Vier gesinslede sterf op Kersdag in Limpopo-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vier lede van ʼn gesin is op Kersdag dood toe hulle motor op die N1-snelweg naby Louis Trichardt in Limpopo ʼn vragmotor reg van voor getref het.

“Die ongeluk het omstreeks 04:45 plaasgevind,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ma, pa en twee dogters, onderskeidelik twee en 14 jaar oud, is op die toneel dood. Twee seuns het die ongeluk oorleef.”

Die gesin het in ʼn Land Rover gery.

Die vragmotorbestuurder het beserings opgedoen.

“Die gesin en die bestuurder van die afleweringsvragmotor is almal van Zimbabwe. Die seuns, onderskeidelik sewe en agt jaar oud, en die vragmotorbestuurder is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jax ·

Aag nee…..dis so onnodig en hartseer, sterkte aan die 2 seuns, dis nou tragies….

estelle ·

Ons het paar dae gelede daardie pad gery. Dit is ongelooflik hoe die motoriste kanse vat……4 motors vat agtermekaar n paar motors verby op soliede sperstrepe en dit teen n opdraende. Padreels bestaan nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.