Vier gesinslede vas oor R12 miljoen se bedrog

Foto ter illustrasie

Die Valke in Mpumalanga het vier volwasse lede van ʼn gesin van Middelburg vasgetrek vir beweerde bedrog van R12 miljoen.

Linda Ebersohn (56), wat as ʼn debiteureklerk in diens van Middelburg Dakkappe was, het na bewering verlede jaar dié onderneming uit amper R12 miljoen bedrieg toe sy die geld glo na haar persoonlike en dié van drie van haar gesinslede oorgeplaas het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, sê Ebersohn het na bewering ook talle fiktiewe krediteursrekeninge geskep en bestaande krediteurs se besonderhede gebruik om die geld te verduister.

“Ná ʼn lang ondersoek is [sy], Frans Hendrik Ebersohn (58), Francois Ebersohn (31) en Hendrik Ebersohn (25) Dinsdag in hegtenis geneem,” sê Sekgotodi.

Al vier het Woensdag in die Middelburgse streekshof op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery voorgekom. Hulle bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 3 Desember terwyl die Valke die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marthie Armstrong ·

‘n Debiteure klerk wat volmag het om betalings te maak uit ‘n rekening met hierdie groot bankbalans? Waar was die Krediteure klerk/Boekhouer??

Piet Pompies ·

Nuwe kookboek…. “Hoe om ‘n besigheid se boeke te kook”
Prakties getoets deur Linda Ebersohn en verkrygbaar by bekende boekwinkels.
Die eienaar van die besigheid is deur die proses benadeel.

Oujongvrou ·

12 miljoen in een jaar?? Dan sidder ek om te weet wat daai firma se omset is. En dit uit dakkappe. Ek moet vir die kinders se hulle is in die verkeerde bedryf.

Besemryer ·

Oujongvrou ek stem volkome saam! Was jare gelede betrokke in die boubedryf maar helaas – 12 Miljoen ‘n jaar? Dis ‘n stewige omset! Ek oorweeg bedanking uit my huidige pos en dan begin ek en jy dakkappe sommer so uit die motorhuis vervaardig :D

KG ·

Ek is altyd verstom dat mense dink hulle gaan vir altyd wegkom met so iets, veral so ‘n massiewe bedrag. Ek weet nie hoe slaap jy en voer ‘n normale lewe wetende wat jy doen is so verkeerd en jy kan enige oomblik gevang word nie.

Kobus ·

Die misdryf was oor 10 jaar gepleeg, nie een jaar nie! Hulle is ook uit op borg, bly nie in aanhouding soos gemeld nie.

Zelda ·

Dit klink nog erger…. 12 miljoen oor 10 jaar beteken 1.2 miljoen n jaar…. hoe mis hul dit nie?

Ig ·

Volg maar die ou gesegte” To trust is good, to check is better”

Geregtigheid ·

So n mens het nie n gewete nie. Tronk toe vir hom en hoop hy vrot in die tronk. Sulke mense hoort nie in die samelewing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.