Vier geskiet by musiekfees in Alberton

Foto: Deep in the Woods/Facebook

Foto: Deep in the Woods/Facebook

Vier mense is Saterdag geskiet en gewond by ʼn musiekfees in Alberton aan die Oos-Rand.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mense het glo in ʼn argument betrokke geraak by die Deep in the Woods-musiekfees. Een van persone het ʼn vuurwapen uitgeruk en skote afgevuur.

Drie mense is gewond. Die man wat glo die skote afgevuur het is ook gewond toe ʼn polisiereservis op hom geskiet het. “Die polisie in Alberton ondersoek drie sake van poging tot moord.”

Die polisie het op ʼn 9mm-pistool beslag gelê. ʼn Vrou is in die hospitaal opgeneem en is reeds ontslaan. Drie mense is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Een van dié persone is onder polisiebewaking in die hospitaal en sal op drie aanklagte van poging tot moord teregstaan.

Die organiseerders van die fees het in ʼn verklaring op Facebook die voorval bevestig. Volgens die organiseerders het ʼn man en sy vriendin die fees bygewoon en was daar ʼn vuurwapen in die vrou se handsak en is dit nie by ingang opgemerk nie. “Ons gedagtes en gebede is met die beseerdes en hul families,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

alet ·

Dit is omdat almal deesdae met vuurwapens rondloop dit is mos die nuwe inding as ons met vuurwapens rondloop wil. Hulle weet hoekom tragies

Drieks ·

Nee mense, ons gaan fees toe vir musiek, los jul wapens by die huis. Dit mos nou heel onodig dat onskuldiges boet…

Shannelle ·

Pieter jy moet dalk van daai geld gebruik en leer hoe om te spel. Fank you very much

Renee ·

Alberton n skure plek? Siestog, elke ou dorpie/woonbuurt het maar sy probleemkinders. Geld koop nie noodwendig klas nie! Niks fout met Alberton nie. En veralgemening is presies dit – gemene mening van veral oningeligtes!

Shannon ·

Dankie Pieter. Ons kort hoeka al `n bietjie humor in ons lewens.

Shannon ·

Ek’s innig dankbaar vir die jonge dametjie wie die voorval op haar sel foon opgeneem het :

“Daar’s die ou mettie fo..en gun !!”
“F..k hulle fo..en skiet op mekaar. F..k !”
“Ek het alles fo..en record !!”
ander persoon :
“Oooh ji..es !!” “O Po.s !”
“Ivan ! waar’s jy ? O f..k hie kom hy !”

Estelle ·

Shannon daai dametjie het ‘n paar klappe nodig vir daai taal! Skokkend hoe ons jongmense praat, en party mense dink regtig dit is “cool” vir my is dit nie laeklas nie maar no-class

Sollie ·

@Shannon – lyk my jy soek ook altyd net die vulgêre en lelike goed om te lees en dan wil jy dit tog so graag deel net soos jou, gewone (meestal lelike) kommentaar op ander berigte.Hoekom is jy tog nou so bly oor iets so simpels? Regtig, raak besig meisie…

Shannon ·

Zollie, ek reken jy moet eerder konsentreer op daai aantuigings teen jou. Ek sien die hofsaak kom al nader en CNA wil al weer jou boeke verwyder.

Cins ·

@Pieter…. jy kan nie veralgemeen oor Alberton nie, ek bly al my hele lewe in Alberton en daar is niks fout met Alberton nie… ek is ook baie bly jy bly nie hier nie, ons soek nie mense soos jy in Alberton nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.