Vier gesoek ná kleinhoewemoord in Pta

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie het ʼn soektog na minstens vier verdagtes begin nadat ʼn 33-jarige man Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis op ʼn kleinhoewe by Mooiplaats in die Boschkop-omgewing oos van Pretoria doodgeskiet is.

Kapt. Mavela Masondo het gesê die aanvallers het omstreeks 01:30 toegeslaan.

Maroela Media het vroeër berig die man het wakker geword van ʼn geraas toe die rowers ʼn veiligheidsdeur van die huis begin oopbreek het. Hy het hulp ontbied, maar is deur die glasdeur doodgeskiet.

Die aanvallers het die deur oopgebreek en twee selfone gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die man is op die toneel dood verklaar, het Masondo gesê.

Sy vrou en twee kinders was ook in die huis tydens die voorval, maar is nie beseer nie.

Die verdagtes is steeds op vrye voet en die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die Stop Misdaadnommer by 08 600 10 111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Weet, is nie roof nie. Die is oorlog.

Werner

Verkoop jou kleed en koop n swaard in hierdie geval n vuurwapen dit is die tyd waarin ons leef .

Trotse Boervrou

Die pot gaan oorkook. Dit is ‘n kwessie van tyd….

david

‘N lewe vir ‘n selfoon…!
Wat se Graeme Smith, Ntini en Ngidi hieroo ?
Soos gewoonlik–swyg soos die graf….!

Genis

Mag hulle kry wat hulle toekom… dis tyd mense dis tyd… moet nie op die agtervoet gavang word nie…