Vier gesoek ná moord op paartjie

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie is op die spoor van vier verdagtes in verband met die moord op ʼn paartjie vroeg Maandagoggend in Barberton in Mpumalanga. Die polisie het intussen reeds twee mans ná die voorval vir ondervraging ingeneem.

Die paartjie, in hul middel dertigs, is doodgeskiet in die blyplek op die dorp wat hulle gehuur het.

“Die genadelose aanvallers het vroegoggend ʼn familie, by wie die paartjie ʼn kamer gehuur het, oorval. Hulle het die eienaar as gyselaar aangehou en met kledingstukke vasgebind,” sê kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder.

“Hulle het daarna by die paartjie se agterkamer ingebreek, hulle van hul besittings beroof en die sleutels van hul drankwinkel geëis. Hulle het die twee doodgeskiet voordag hul van die toneel gevlug het.”

Mdhluli het gesê die verdagtes is oënskynlik daarna na die drankwinkel waar hulle na kontant gesoek het.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied waar die paartjie dood verklaar is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, huisroof en sakeroof.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om lt.kol. Senzo Dawe by 071 685 1364 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.