Vier gevonnis ná Nuwejaar-tragedie

Rob Meek. Foto: Royal Cape Yacht Club

Rob Meek. Foto: Royal Cape Yacht Club

Rob Meek (62) het op Oujaarsaand 2013 saam met sy gesin vir ʼn foto poseer voordat hy oomblikke daarna geskiet is. Hy is kort daarna in ʼn hospitaal oorlede.

Meek se vier moordenaars is intussen in die Mthatha-hooggeregshof, wat in Port St. Johns gesit het, gevonnis. Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Siyavuya Madikizela (21), Sifiso Mnyandu (23), Jongile Mcologwane (24) en Nceba Zobhula (23) is skuldig bevind aan moord, poging tot roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Madikizela het die tuisgemaakte vuurwapen afgevuur wat Meek se dood veroorsaak het. Hy is tot 24 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, terwyl die ander drie tot 22 jaar tronkstraf elk gevonnis is op dieselfde aanklag. Vier jaar van die drie se vonnisse is vir vyf jaar opgeskort.

Die vier is ook tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot roof en twee jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend met die moordvonnisse uitgedien word, wat beteken Madikizela sal effektief 20 jaar tronkstraf uitdien en die ander drie 18 jaar tronkstraf elk.

Meek, ‘n bekende seevaarder en stadsontwerper, het saam met sy vrou, twee dogters en ander familielede in ʼn selfsorgstrandhuis naby Port St. Johns tuisgegaan. Hulle het Oujaarsaand saam geëet en het pas ʼn foto geneem, toe die aand in ʼn nagmerrie ontaard het. Meek se vrou, Di, het destyds aan die Cape Times gesê in die foto wat geneem is, kan mens sien hoe Rob wegkyk omdat hy toe reeds die mans gesien het.

Die mans het die familie en vriende met die tuisgemaakte vuurwapen gedwing om op die grond te lê en gedreig om hulle aan te rand. ʼn Skoot is afgevuur en Meek is gewond. Die mans het hierna gevlug sonder om enigiets te steel. Meek se vrou en dogters het met hom na ʼn hospitaal gejaag, waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Die vier moordenaars het tydens die verhoor skuld ontken en beweer die vuurwapen is per ongeluk afgevuur. Hulle het gesê hulle wou nie die familie beroof nie.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marius ·

Ek verstaan nie mooi…. As hul nie die familie wou beroof, wat het hul daar gemaak? Waarom ‘n gelaaide wapen op ‘n persoon gerig?

Simon ·

Mzritz,
Ek dink jy sal saamstem dat sulke aangekláagdes lieg as hulle hul monde oop maak.
Dit ten spyte van die eed om die waarheid te praat.

Ek wil nou beweer dat alle so dang aangekláagdes sommer direkte vir me need ook aangekla moet word.

Of wat praat ek tog alles

MariusH ·

Dit is hartseer om te dink dat 20 jaar van die man, wat jou geliefde se lewe geneem het, se lewe moet vergoed vir wat verlore is nou. En dit moet maar aanvaar word? Daar is nog ñ leeftyd oor vir hom wat na die 20 jaar uit die tronk kom, waar hy versorg is deur die staat. Wat verhoed hom om dit weer te doen?

CHRISTA ·

Marius, jy HOOP hulle gaan 20 jaar sit! Na 6 jaar kry hulle borgtog!!! “Mark my words”!

De Villiers ·

Waar is die EFF, ANC, DA en die media dan nou? Indien hulle konsekwent is sal hulle net so tekere oor dié saak soos met doodskis-geval aangesien hierdie dan ook rassisties was? Ek daag julle uit, wys julle ware kleure.

Chris ·

De Villiers, hierdie is mos darem nou n heeltemal n ander saak. Die twee hou mos nie verband nie. Wat sy jy he moet nou nog meer gese word? Die mense is gevang, skuldig bevind en gevonnis nou wat nou?

karina ·

Ai, alle artikels lately gaan net oor kleur, kleur en nogmaals kleur….
Weet enigiemand regtig wat dit beteken om n Rassis te wees? Daar word so vinnig gejump om te se dit is nou rassistiese optrede etc.
Land gaan nerens kom nie…hoekom, want almal is gefokus om te sien wat die swart doen en wat die wit doen etc. dan dit te relate tot rassisme.
Tragies

RIV ·

Die motief is selde ROOF, dit is waaragter hulle en die media skuil. Roof wat verkeerd gegaan het. Hoe lyk ‘n roof wat reg gegaan het? Soms steel hulle bloot net ‘n paar goedjies om dit soos diefstal te laat lyk. Maar hoekom martel hulle oumense, gooi petrol by hulle kele af, verkrag die vrouens, sny hulle voetsole af en dan moet ons glo dit was ROOF? Steel dalk ‘n selfoon of ‘n stokou radiotjie, en ons sluk elke keer die regslui en media se beskrywing dat die’motief “roof” was’. Ons is al so gebreinspoel dat ons nie eers sien dat in meeste gevalle absoluut niks gesteel word nie.

Buitestander ·

Ja, nee ons lewe in ‘n bose wêreld.
Moord en roof. Gesine, familie en vreemdelinge teen mekaar. Lewe is niks werd!

Manie ·

Die DA sal nie daar wees nie want hulle is net so rassisties soos anc en eff. Definitief as die moordenaars wit was

Chris ·

Manie hierdie gaan nie oor die DA nie. Hulle het niks daarmee te doen nie. Dit was n hofsaak oor n man wat vermoor was hulle is skuldig bevind en gevonnis. Niks met die DA uit te waai nie hulle was nie deel daarvan nie.

Cherokee ·

Die DA is absoluut deel van die probleme in die land want hulle is ANC met ‘n masker.

Buitestander ·

Ja, die wêreld is boos. Kyk maar na die Poppie moord, van Breda ens. Lewe is niks meer werd nie.
Rssisiese moord, gesins moord en familie moord.
Waaraan is al die moorde toe teskrf?

Hanlie ·

Moet Rassisties iewers ingooi..

Ek dink dit hang maar af van moordenaar to moordenaar. Nie so eenvoudig nie verklaarbaar

Piet ·

Jy’s reg De Villiers, van die DA en sy trawante sal jy niks hoor nie. Ek is bereid om geld te wed dat die ander twee manne wat die swart ou in die kis gedruk het swaarder gestraf sal word. Die verskil is dat die ou met die wapen gekom het om te roof en te vermoor. Die ou met die kis het uiteraard ‘n groot probleem gehad met mense wat op sy grond betree. Hy het gedink hy gaan die lewe uit die persoon skrikmaak sodat hy vir al sy makkers sal vertel dat hulle nie op daardie plaas moet betree nie. Op grond waar betreeding ‘n probleem is kan die einenaar net sowel sy plaas verlaat, want die polisie ondersoek nie sulke sake nie. Betreders help hulle gewoonlik self aan kabel, vee, groente, parte, losgoed wat rondstaan en dis die gelukkige boere. Die ander se lewens word gesteel.

Jef ·

Die een hof beslis dat n moordenaar met in besit van n onwettige vuurwapen twee jaar selstraf kry en by n ander hof n moordenaar met in besit van onwettige vuurwapen vyftien jaar selstraf kry, hoekom nie strawwe in elke hof gelyk stel nie?

snoefie ·

copy en paste oral op die media (fb. twitter ens) dat buiteland kan sien wat word aan blankes gedoen. voordat dit n loondispuut word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.