Vier gevonnis vir groepverkragting

Argieffoto

Vier mans is vandeesweek in die Grahamstad-landdroshof in die Oos-Kaap gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan die groepverkragting van ʼn 25-jarige vrou op Oukersaand.

Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, het gesê Siphamandla Dyasi (18), Anele Yawa (26), Masixole Pieter Matwa (24) en Aphelele Yawa (18) is skuldig bevind aan die groepverkragting van die vrou op 24 Desember 2016.

“Die verkragting het plaasgevind nadat die slagoffer saam met die beskuldigdes gaan drink het. Sy het daarna van ʼn naburige plaas na haar huis toe geloop toe hulle haar oorweldig het,” het Jonker gesê.

ʼn Klag van verkragting is aanhangig gemaak en die mans is in hegtenis geneem. Hulle is Donderdag gevonnis.

Dyasi is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Anele Yawa en Matwa is tot lewenslange tronkstraf gevonnis en Aphelele Yawa tot 13 jaar tronkstraf.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekbeampte geloof en gesê die vonnis sal ʼn sterk boodskap aan die gemeenskap stuur dat dié “afskuwelike dade” nie geduld sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tammy ·

Uitstekende vonnis vir die een wat lewenslank gekry het, maar hoekom nie die ander twee ook lewenslank tronk toe gestuur nie. Hulle het tog al 3 dieselfde misdaad gepleeg. Of kry n mens groot sonde en klein sonde? Die ou wat vloek is klein sonde en die ander een wat ook vloek doen groot sonde?

Jan Nel ·

Natuurlik kry mens groot sonde en klein sonde. Wil jy iemand wat ‘n brood gesteel het ook lewenslank tronk toe stuur.

Daar sal goeie redes wees hoekom elkeen in hierdie geval nie dieselfde straf gekry het nie, maar mens sal eers die saak en redes vir vonnis moet lees voordat ‘n mens kritiek kan lewer.

Theresa ·

Iemand wat ‘n ander verkrag moet lewenslange tronkstraf kry sonder enige vergunning tot doodsdag. Dis ‘n moordenaar van iemand se lewensvreugde en lewe soos dit kon wees. Waarom sou 2 een straf kry en die ander twee ‘n ander?
Siek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.