Twee gevonnis vir grumoord op gesin

Marietjie en Kayla Meyer Foto: Facebook.

Twee mans is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis vir die grumoorde op vier mense, onder wie die negejarige Kayla Meyer.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Mzolisi Elvis Gobodwana en Eric Baliti Balabo is elk tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde. Hulle is ook elkeen tot ’n bykomende 10 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede.

Maroela Media het vroeër berig die slagoffers – Monty McCormack (73); sy seun, Kenny McCormack (42); Kenny se meisie, Marietjie Meyer (46); en Meyer se dogter, die negejarige Kayla – se liggame is op 10 Maart 2016 gevind nadat hulle wreed vermoor is.

Die polisie het op 1 Augustus verlede jaar bekend gemaak die mans is in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hulle is almal glo stukwerkers wat Kenny gehuur het om vir hom te werk.

Maroela Media het berig ʼn familievriend het op 10 Maart die polisie ontbied nadat hy gaan ondersoek instel het omdat hy niks van sy vriende gehoor het nie. Die vriend het glo op Monty se bebloede liggaam afgekom in ʼn tydelike huis waar sy seun, Marietjie en Kayla gebly het terwyl hulle ʼn houthuis op die kleinhoewe laat bou het. Monty het glo uit Brittanje by sy seun kom kuier.

Monty is vermoedelik met ʼn koevoet doodgeslaan. Marietjie se liggaam is gevind in die houthuis wat in aanbou was. Sy is met ’n graaf doodgeslaan. Kayla se liggaam is in ʼn stoorkamer langs die tydelike woonplek gevind. Sy is verwurg. Kennith se liggaam is die volgende dag ʼn paar meter van die houthuis opgespoor. Hy is ook met ’n graaf doodgeslaan.

Die verdagtes het met die gesin se Mercedes-sportnutsvoertuig gevlug. Die voertuig is later verlate aangetref en die polisie het beslag daarop gelê. Kontant en twee selfone van die slagoffers is glo daarin gevind.

Lees alle vorige berigte oor die Randfontein-moorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kobus Smit ·

Nou hoekom het hierdie saak nie so baie media aandag gekry soos die 2 ouens met die kis nie?

Okkert ·

Waarskynlik om dit net “gewone moord” is wat nie so “ernstige misdaad soos rassisme” is nie.

AK ·

Dis maak nie sulke groot opslae nie want in die Suid Afrikaanse konteks is dit nie belangrik nie. Daai vonisse beteken niks. Hulle het lewens wreedaardig en bloeddorstig geneem en al geregtigheid wat hoegenaamd kon sin maak is hulle ook moes dood. Nou sal ons geld die vieslike gemors aan die lewe hou in die tronk….. Sit skreeu ten hemele!!!!!

Louise McCormack ·

Maroela Media Vra asb vir Makhubele waar hy aan sy inligting kom van vier persone wat aangekla is? Dit is twee persone wat aangekla is vir die gruwel moorde. Elk het 4 x 25 jaar gekry plus 10 jaar vir roof. Danksy ons wonderlike SAPD is net twee gevonnis. Twee het los gekom. Twee MOORDENAARS loop vry rond om weer te kan moor. Die moord toneel is op gedinges. Danksy ons Advokaat en drie polisiemanne, waarvan een ‘n vrou is, is
dié twee vas. Wat het die res van die polisie gedoen? Net die moordtoneel op gedinges. Dankie aan ons Judge, Advokaat en twee polisiemanne en een vrou. Julle is sterre

Nico Strydom ·

Dagsê Louise
Ons het weer met die polisie opgevolg en die berig gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Ashlee ·

Wat die mees seermaak, mees ontstellend is, mees monsteragtige gruweldaad in enige beskawing, die slagting van n kind.

Neilia ·

Die saak het wye aandag getrek , lees niemand meer nie Kobus Smit dit was in huisgenoot gewees. Ek sal die saak goed onthou want dit het my ure lank in trane gehad.

Fires ·

Ek sal dit graag op die 7 uur eNuus wou sien. Kan nie onthou dat dit op was nie.

Koperslann ·

eNuus is in die laaste paar jaar net soos SABC nuus. Freek Robinson en sy span moet hul eNuus op SABC gaan aanbied.

Willie ·

dit sal nogals goed wees as mens n onafhankilikke nuus kanaal kon kry net vir moord, en geweldadige optredes.. O nee wag die staat sal dit nooit goedkeur… die sal wys hoekom daar behher was in die vorige bedeling…

Danie Viljoen ·

Ek wil ook almal wat betrokke is en was met die saak dankie julle is stere soos Louise gese het . Ons kan nie terug kry wat hul weg gevat het nie maar Oom Monty, Kenny, Marietjie en my klein Kayla julle bly elke dag in ons gedagtes en harte . Lief en mis julle baie

Se net ·

Nee John Samuel gelukkig nie almal ja vir hul nie ek ondersteun my eie volk!!! Gaan nooit en sal nooit ja se vir hul nie.

SE NET ·

John Samuel ek het n lekker plank gebruik hom want jy slaan jou naam weg, asb ek dink jy weet of verstaan nie wat jy lees nie

Andre ·

Hoe verwurg mens enige iemand, maar ‘n KIND!!!!!?

Groot fout!

Louise ·

Ek hoop maar die ouens in die gevangenis lees ook hierdie storie, en leer die moordenaars ‘n paar lessies! Want hoe vermoor jy ‘n engel kind, sies man! Wel gedaan polisie wat hul werk gedoen het en ten minste 2 van die gemors kon vang. Sterkte vir die familie van Kayla, Marietjie, Monty en Kenny.

ANDRE LOUW ·

Eerstens wil ek dankie se aan die polisie wat die ( het nie ‘n naam vir hulle) gevang het en die vonnisse wat opgele is alhoewel die doodstraf van paslik sou gewees want hulle verdien nie om te lewe nie
Tweedens wil ek vra of daar nie instansies/mense is wat die vermoe en infrastrukteer het om die anargie van moord wat in die land heers, aan die groot klok te hang nie. Laat die buite wereld hoor as sulke dinge plaasvind want ek is seker erens gaan iemand met gesag druk op die patetiese regering van ons sit

Derdens wil ek vra dat hoe moeilik dit ook al mag wees en ek weet soms is dit bitter bitter moeilik; ons moet nie tot die vlak van hierdie mense daal nie. Ons moet ophou “stupid”
dinge doen wat olie op die water is vir diegene wat dit vir politieke doeleindes gebruik. Laat ons eerder deur feitelike optredes triomfeer want ‘n mens wat in ‘n verleentheid is en dit wys, is een wat menigemale eers dink voordat hy/sy weer ‘n gek van hom/haar maak

JB ·

Ek voel ook soos Andre Louw. Die enigste manier hoe om dinge in die regte rigting te laat beweeg is om ‘n voorbeeld te stel en nie onbesonne dinge kwyt te raak nie. Dit is net olie op die vuur van haat.

Alida ·

Hierdie saak het nie vreeslik dekking geniet nie maar KFC, doodskis en Oscar word daagliks in ons kele afgedruk. Die koerante wat nog verkoop word soek net geld en sirkulasie syfers. Dit maak mens naar.

Theresa ·

André Louw – dis baie kosbaar wat jy vra. DIs uiters belangrik dat die optrede van die minderheidsgroepe nie die massas s’n weerspieël nie. Daar is ook minderhede in die meerderheid wat normaal wil aangaan met hul lewens. Net jammer hul staan nie op (ordelik) om dit te bereik nie. Die slagting van ons mense is duidelik. Ek en baie ander stem heelhartig met jou saam dat dit na die buiteland moet uitgegee word (nou – nie later nie). So wyd as moontlik. En kom ons hoop dit bring iets na ons land wat hierdie uitwissing in die kiem smoor.

Hennie ·

Dit het geen doel om so ‘n brutale moordenaar tot 1000 jaar gevangenis te straf nie. Alles loop gelyk en na ‘n paar jaar word hulle vrygelaat.

Deon Koegelenberg ·

Nou moet die manne deur die belasting betaler se geld onderhou word eintlik word hul nie gestraf nie want hulle hoef nie die pyn deur te maak wat die vermoordes moes deurmaak nie Die doodstraf moet terug gebring word

Cecilia Guse ·

Ons is regtigbaie dankbaar dat twee van hul vir ewig weg gesit is. Ongelukkig het die Polisie veroorsaak dat Nr3 uitstap. Alhoewel ons weet hy deel was en daar bewyse was dat hy daar was het hul die op gemors. Gaan op ons kniee en se dankie dat ons so uitstekende Advokaat gehad het as dit nie vir haar was het hul almal seker weg geloop. So ook vir die Regter dankie dat jy hul hee wat hul verdien. Soos die Regter gese het ongelukkig kan hy hul nje terug bring of ditwat gebeur het verander nie, maar hy kan help deur om hul die straf te gee wat hul verdien! RIP aan jul 4 wonderlike mense ons sal jul altyd mis en lief he. Kayla my peet dogtertjie. Niemand sal ooit jou plekke kan vul nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.