Vier gevonnis vir wrede moord

hof-hamer

Argieffoto.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vier mans tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wrede moord op die 19-jarige Bongiwe Ninini in Julie 2015.

Ninini se voormalige kêrel, Phumlani Nyewu, is in Desember saam met Masimthembe Solontsi, Melikhaya Mgushelo en Thabiso Balithoba skuldig bevind aan haar moord. Waarnemende regter Mushtak Parker het Maandag die “gruwels” wat die aand van haar moord ontvou het, beskryf.

Ninini het die aand van 18 Julie 2015 na Nyewu se huis gegaan waar hulle saam met die drie ander mans, almal bekend aan haar, gekuier het. Hulle het gedrink en gedans toe die mans haar skielik “om geen oënskynlike rede op barbaarse wyse vermoor het”.

Ninini is van agter gegryp en gewurg. Sy het op die grond geval waarna hulle haar met bierbottels geslaan, geskop en op haar getrap het. Die mans het haar bebloede liggaam in ʼn laken toegedraai en haar liggaam na ʼn veld in Khayelitsha gedra en in ʼn drein gegooi.

Nyewu het ʼn graaf gaan haal waarna al vier mans haar daarmee geslaan het tot haar skedel gekraak het. “Die beskuldigdes het net voortgegaan met hul lewe.” Hulle is op 28 Julie in hegtenis geneem.

Volgens Parker is die motief vir die moord onbekend. Hy het gesê Ninini het ʼn lus vir die lewe gehad en is om geen rede vermoor nie.

Parker het bevind die moord is met voorbedagte rade gepleeg en dat nie een van die mans berou getoon het vir hulle dade nie.

Die mans was tussen 18 en 22 jaar oud toe die moord gepleeg is. Die hof het gelas dat die mans vir minstens 25 jaar agter tralies moet wees voor hulle om parool kan aansoek doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christa ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg!! Gee so ‘n paar mede-inwoners ‘n “tip” hoekom hulle daar is . . . .

Laurika ·

Ek het nou mooi gesit en dink hier oor. En ek kan wraggies nie op ‘n rede afkom hoe enige mens so ‘n daad kan pleeg nie. Ek kan nie dink hoekom iemand so iets sal wil doen nie, of iemand sal toestaan en kyk hoe iemand so iets doen nie. Nee genade, ek weet darem nie meer nie.

Pop ·

Rerig ons regering se lewenslank is 25 jr. Dis volgens hulle seker hoe oud mens deesdae word. Gelukkig het die regter gese sonder parool. As hulle dit aan hulle eie mense kan doen?

Waarheid ·

25 Jaar is die maksimum aantal jare wat iemand mag kry. Die feit dat hulle 25 jaar minimum kry is ‘n wonderwerk in vandag se lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.