Vier gevonnis wat mans tydens huisrooftogte martel

Speursersant Peter Makwela. (Foto: SAPD)

Vier gewelddadige rowers is elkeen in die Mokerong-streekshof in Mokopane, Limpopo, tot effektief 30 jaar tronkstraf elk gevonnis in verband met huisrooftogte wat in dié gebied gepleeg is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die eerste rooftog het op 17 Maart 2016 omstreeks 07:15 plaasgevind. “’n Groep mans het by ʼn huis opgedaag en die man by die huis gevra om sakedokumente te onderteken. Hy het ingestem en hulle ingeneem na die kantoor in sy huis,” het Ngoepe gesê.

“Toe hulle by die kantoor kom, het die vier mans aggressief geraak en ʼn vuurwapen op die man gerig en geld by hom geëis. Die slagoffer het geweier totdat hulle hom met ʼn warm strykyster gemartel het en gedreig het om sy vrou dood te maak.”

Ngoepe sê die man het uiteindelik ingestem om R1 miljoen elektronies na sy twee sakevennote en sy rekenmeester oor te plaas en het hulle gevra om die geld te onttrek en die kontant na sy huis toe te bring.

Ná ʼn paar uur is die R1 miljoen kontant deur een van die man se werknemers na die huis toe gebring. “Die rowers het die kontant en ander items, insluitend juweliersware, geroof voordat hulle van die toneel gevlug het.”

Ngoepe sê die man het erge brandwonde in die voorval opgedoen. Die polisie is in kennis gestel en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

Op 6 April vanjaar het ʼn soortgelyke voorval by ʼn huis in Mokopane plaasgevind toe twee mans “uit die bloute verskyn het” en ʼn man oorval het net toe by die huis aangekom het van die werk af. Ngoepe vertel hulle het die man in die huis ingedwing en geld geëis.

“Hulle het hom met ʼn warm strykyster gemartel en die kluis se sleutels geëis. Ná ʼn paar ure het hulle die televisie en klankstelsel geroof en op die vlug geslaan, en die erg gebrande slagoffer agtergelaat. Die rowers het in die slagoffer se rooi Chevrolet-voertuig gevlug.”

Die voertuig is later verlate in die gebied gevind.

Nadat die saak aan speursers. Peter Makwela oorgegee is, is vier mans in verband met die twee huisrooftogte vasgetrek. Ngoepe sê die vier beskuldigdes is onderskeidelik in Mokopane, Hammanskraal en Zebediela in hegtenis geneem.

David Shiburi (38), Frank Tshona Baloyi (45), Peter Thebe (39) en Brian Mashakoe (30) is vandeesweek tot 30 jaar tronkstraf elk gevonnis in verband met die rooftogte. Mashakoe was al sedert 2017 agter tralies nadat hy vroeër 18 jaar tronkstraf opgelê is in verband met ʼn ander huisrooftog wat hy saam met ʼn ander groep gepleeg het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnisse verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Regverdig ·

En het die slagoffer sy miljoen Rand teruggekry? En is hy vergoed vir sy pyn en lyding? En as hy nie vergoed is vir sy lyding en sy geld teruggekry het nie, is die regstelsel nie reg nie, maar verkeerd!

Poot ·

@Regverdig
Dit is n siviele eis teen die rowers waarna jy verwys. Dis n saak vir n ander dag… en nee daar sal niks van kom nie. Ja ons regstelsel is onderstebo.

Ag regtig? ·

Regverdig
Weet jy hoe moeilik dit is om ‘n goeie vonnis vir enige misdaad in vandag se dae te kry met die hofstelsel saam. Die speurder moes ‘n helse goeie ondersoek gedoen het om dit te regverdig. Het die rowers nou weer lig afgekom, dan was die polisie nou weer gebrandmerk as korrup. Niks sal ooit goed genoeg wees vir jul negatiewe nellies nie…
Die speurder het ‘n uitstekende werk gedoen!!

Heksie ·

ek wens ook soms dit was soos in sekere areas oorsee, veral VSA, moet jy “restitution” betaal vir die wat jy skade aangedoen het!
Want ja, al sit die gemors in die tronk het jy steeds skade gely en jy kan dit nie verhaal nie, tensy jy siviel voortgaan, maar teen wat? Hy sit in die tronk, hoe gaan hu/hulle jou terugbetaal?

Kokkie ·

Ek stem 100% saam met jou, Rubber. Doodstraf vir moord, verkragting en kindermolestering.

Hanna ·

Bring die doodstraf terug, ek hoor wat jy sê. Maar wie gaan die doodstraf kry!!!

Mika ·

In die kol Hanna. Dan sal dit uitgedeel word aan diegene wat daardie gewraakte woord gebruik word of wat weier dat hulle grond gegryp word. Maar ons bly eis.

Christa ·

Hulle Moes aan hul nekke gehang het of voor vuurpeleton gesterf het. Van die 30 Jaar sit hulle 6 maande.

Merie Perd ·

Die wereld is siek. Die wat mense regte propageer is siek, want hulle sien net die regte van die daders, maar die slagoffers het nie regte nie. Ek stem 10000% met Amerika saam oor die toepassing van die doodstraf.
Gee ook die dwelmhandelaars en smouse die doodstraf, asook vir die verkragters wat soveel pyn en smart veroorsaak. Dit is nie meer vir n kind van die Lewende God, goed genoeg om te hoor dat sy Hemelse Vader met hulle sal afreken nie. “Desperate time calls for desperate measures” Amen.

sweis ·

Ek hou niks van die huidige polisie nie maar die man lyk na n eerlike gedisiplineerde polisieman wat trots is op sy werk.Dankie sersant.

Stebastiaan ·

Ek weet nie so mooi van die doodstraf nie! Met die ongeregtigheid in die regstelsel sal baie veral blank dalk onskuldig boet met die ongelykhede wat in hierdie land aangaan.

Nettie ·

@Stebastiaan ….. uiteindelik!!!! Een wat sien wat daar gesien moet word!!! Indien “capital punishment” teruggebring word MISKIEN ………………… as dit teruggebring word (‘n baie, groot AS) ….. moet mense besef dat met ‘n duidelik rasgebonde, beïnvloedbare en beslis NIE neutrale regstelsel, soos tans in SA, sal dit die mag van besluit oor lewe of dood, in die hande plaas van mense wat ‘n diepgewortelde haat teenoor blanke mense – en ek veralgemeen! – het. Wie DINK JULLE sal aan die ontvangkant van doodstrafbevele staan??? Dink BAIE MOOI waarvoor julle wens ……

John ·

…. groot geld een groot misdaad is groot vriende in diè land. Hoe weet die misdadigers so alles af van almal se sake? Afrika is bekend vir sy tweegesigtigheid… Voor jou vriendelik en agter jou rug briesend jaloers. In die destydse kommunistiese fase in Rusland het broers mekaar aan die owerhede uitgelewer… dit is wat absolute gelykheid oplewer…

Mika ·

Moord is moord. Diegene wat die onderskeid maak, is die ene wat die straf afwissel.

·

Net jammer van al die ander sake wat nie die selfde aandag kry nie!!!!!!!

Natasha Brittz ·

Well done Makwela. So proud of you. Ongelukkig is daar baie wat teen ons tel, gee hom die krediet vir goeie werk. Die publiek besef nie onder watter omstandighede hierdie ouens werk nie.

Grassie ·

Wat net dertig jaar? Daardie mense se kewe sal nooit weer dieselfde wees nie!!

Manna ·

Baie geluk speursersant Peter Makwela ,of hulle wit of swart is jag hulle wat hulle wat hulle skuldig maak aan misdaad

MW ·

Stem saam. Dankie Speurder sersant Makwela, knap gedaan. Gaan grawe asseblief die res ook uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.