Vier gewapende rowers vas ná Jhb-skietery

Transitorooftog in Johannesburg (17 Maart 2018) Foto verskaf aan Maroela Media

Drie veiligheidsbeamptes is beseer tydens ʼn transitorooftog en vier van die vermeende gewapende rowers is Saterdagmiddag deur lede van die Johannesburg-blitspatrollie in hegtenis geneem.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het gesê die blitspatrollie het reageer op ʼn oproep van ʼn transitorooftog omstreeks 13:40 in Heidelbergweg.

“Die beamptes het die verdagtes agternagesit toe hulle in ʼn wit Golf 7 Gti en ʼn wit Audi A5 gevlug het. ʼn Skietery het gevolg en die Golf is by Golden Walk-winkelsentrum gevind,” het Makhubela verduidelik. “Daar is beslag gelê op drie aanvalsgewere, twee AK47’s en een R5. Vier verdagtes is in hegtenis geneem.”

Die Audi is later in Alberton gevind, tesame met twee AK47’s en een pistool. Albei voertuie is as gekaap aangemeld – die Golf 7 in Brohkhorstspruit en die Audi in Lyttelton.

“Die Fidelity-geldwa is oopgeblaas en ʼn onbekende bedrag geld is gesteel. Die drie Fidelity-veiligheidswagte is geskiet en na Unie-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

met vandag se tegnologie staan ek verbaas dat hierdie geldwaens nie met 360grade ksmera monitering toegerus is nie.

Hennie ·

Interresant dat hierdie rooftogte toeneem net voor verkiesings! En ons weet daar is nie meer geld vir T-hemde, busvervoer en pap nie! En MBaba baluba is nou die verkiesings hoofseun met sterk bande in die SA Polisie diens!

Alida ·

Mooi SAPD. Snaaks maar ek sien nie aasvoels wat geld optel nie.

mariana ·

Ek KANNIE verstaan hoekom die voertuie en kluise met gasbommetjies toegerus is nie, wat die geld tot as verbrand die oomblik wat daarmee gelol word nie.
Botswana maak AL JARE van die tegniek gebruik en daar Vind nie sulke rooftogte plaas nie. Maatskappye wat kontant in SA vervoer, stel hulle personeel onnodig aan sulke gevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.