Vier gou in hof ná plaasaanval

Die Paarl-landdroshof. Foto: Skermskoot/Google Maps

Vier verdagtes sal Vrydag in die Paarl-landdroshof verskyn na verlede week se plaasaanval in die Klapmuts-omgewing buite Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Die vier verdagtes, onderskeidelik 20, 24, 25 en 28 jaar oud, is Woensdag in hegtenis geneem, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Van Wyk is een van die verdagtes op ʼn hoenderplaas in hegtenis geneem. “Daar is ʼn 9 mm-pistool in die verdagte se besit gevind.”

Die polisie het die verdagte ondervra waarna verdere ondersoek tot die inhegtenisneming van die ander drie verdagtes gelei het. Daar is op wapens wat tydens die aanval gesteel is, beslag gelê.

Van Wyk het bevestig dat een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is vroeër met opknappings gehelp het op die plaas waar die aanval plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou is verlede week Dinsdag op die plaas aangeval. Vier aanvallers het omstreeks 06:30 ʼn venster van die plaashuis gebreek om toegang tot die huis te verkry, kort nadat die vrou se man vroegoggend uit die huis is.

Die vrou en haar twee kinders is deur die aanvallers oorval en die vrou is met ʼn voorwerp oor haar kop geslaan. Die kinders is ongedeerd.

Die voorval het gevolg kort nadat die wynboer Stefan Smit (62) van die Louiesenhof-wynlandgoed verlede Sondag op sy plaas buite Stellenbosch vermoor is. Smit is in sy huis doodgeskiet nadat vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het.

Verlede maand is nog ʼn Wes-Kaapse boer, Tool Wessels, dood toe hy en sy vrou op hul plaas, Kapteinsdrift, naby Bonnievale aangeval is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

M/Media vind asb uit vir jul lesers wat is die beleid oor borgtog tov sulke uitvaagsels. Borgtog word HEELTEMAL te MAKLIK toegestaan sodat daar net weer en weer “toegeslaan” kan word!!!

HPV ·

Die sukses wat plaasaanvallers behaal spreek boekdele insake die paraatheid van boere. Boere word absoluut as sagte teikens beskou.
Bogenoemde stelling met respek teenoor die minderheid boere wat wel paraat is.

Guve ·

Moet al ons boere nou permanent mt rewolwers rondloop, regtig. weet dis nodig maar voel soos Wilde Weste en ons liewe CR is tjoepstil, want dis ni n myn ni.

Ai ·

Ja hul moet met wapens rondloop as jy wil lewe!!! Boere word geteiken…

Riaan ·

Ai, my pa was vermoor op ons plaas in 2006 deur 4 mans. Met n plaas agtergrond kan ek jou sê dis onmoontlik om met n vuurwapen aan jou sy die heeldag te werk. Ook met “Hind sight” kan ek vir jou sê my pa is aan die einde van n lang dag in die donker van agter deur 4 mans aan geval en geslaan met pype. Sê my tog asb hoe die moer gaan n rewolwer my help as ek eers bewus is van hulle sodra die pyp my kop tref?????????

Cherokee ·

Riaan, dit is hoogtyd dat iemand die mense wat ‘paraatheid’ predik, ‘n slag vir self dink.

Nee! nee! ·

Ons wit boere VERTROU te maklik! Waarom is dit so? en gewoonlik is dit die mense wat vir jou gewerk het, of werk, wat die misdade pleeg. ai tog! wanneer gaan ons leer? en wat se die moordenaars? dat ons hulle verneuk het met lone, OF hulle sleg behandel het en dan word die skuldiges kwytgeskeld. Hulle lieg soos tandetrekkers èn die howe glo hulle. :(

SoosDitIs ·

“gou in die hof” jip net soos hulle vonnise sal wees, gou-gou.

Denise ·

En net so word onskuldigge mense elke liewe dag gou gou vermoor en niks kan hulle gou gou terug bring na hul geliefdes nie !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.