Vier in arres ná huisroof

handcuffs3-320x257Vier mans is Maandag in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle ‘n huis beroof het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes is na ‘n huisroof in Jacarandastraat in Isipingo Hills ontbied. “Met die polisie se aankoms op die toneel het die vier verdagtes in ‘n wegkommotor gevlug in die rigting van die N2-noord.”

Die polisie het die verdagtes agternagesit. Zwane sê die verdagtes se motor was op die N2 naby ‘n vulstasie in ‘n ongeluk betrokke. “Die mans het uit die motor gespring en te voet gevlug. Die polisie het al die verdagtes met behulp van snuffelhonde in hegtenis geneem.”

Zwane sê die verdagtes se wegkommotor is verlede week in Bayview gekaap. Hy sê die polisie het ook op gesteelde goedere beslag gelê wat in die motor gevind is. Zwane sê die verdagtes sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.