Vier in hegtenis geneem oor Northam-geweld

Geweld tussen Amcu en NUM in Northam, Limpopo (Junie 2016) Foto: SAPD

Geweld tussen Amcu en NUM in Northam, Limpopo (Junie 2016) Foto: SAPD

Vier persone, waaronder ʼn moordverdagte, is by die Northam-myn in Limpopo in hegtenis geneem.

Moatshe Ngoape, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die verdagtes is Maandagaand tydens ʼn operasie by die myn in hegtenis geneem. “Die verdagtes is in hegtenis geneem in verband met openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging tydens gewelddadige betogings verlede week Maandag by Zondereinde-myn se hek,” het hy gesê.

Kol. Ronel Otto het bygevoeg een van die vier persone is ook in hegtenis geneem in verband met die moord op die 52-jarige Thembinkosi Mhlabeni, wat tydens die betoging doodgemaak is.

Die verdagtes is tussen 41 en 52 jaar oud.

Otto het gesê die polisie is nog op soek na ʼn tweede moordverdagte. “Die ondersoek ná Mthetheleli Zefunele op Sondag, 5 Junie, in Northam doodgeskiet is, duur voort.” Verskeie persone is al ondervra, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Northam-landdroshof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Northam op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

4? Met al die detail media dekking? Behalwe natuurlik die SAUK…4? En soos met die “studente” na Kovsies se geweldadige betogings; gearesteer om vrygelaat te word! Lekker vir n ontoepasbare regs stelsel.

snoefie

die kovskies lot eis dat geboue na struggle “helde” vernoem moet word. wie het vir die universiteit betaal? hulle kan hulle wie universiteite met geld wat die struggle “helde” geskenk het gaan oprig en ditna struggle “helde”vernoem.