Vier in hof ná 2 in ‘wraakaanval’ sterf

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Drie mans en ʼn vrou sal vandeesweek in die landdroshof in Kabokweni, noordoos van Nelspruit in Mpumalanga, verskyn op aanklag dat hulle twee “moordverdagtes” doodgebrand het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, sê dat ʼn 35-jarige pastoor en sy 25-jarige broerskind in April doodgebrand het toe hul huise in Mganduzweni naby Witrivier aan die brand gesteek is. Die polisie het destyds gesê die voorval was vermoedelik ʼn wraakaanval.

“Die voorval is vermoedelik weerwraak deur die gemeenskap ná die moord op twee kinders, onderskeidelik ses en sewe jaar oud, wie se liggame op 24 April in dieselfde gebied in ʼn sloot gevind is,” sê hy. “Die mans is doodgemaak nadat ʼn plaaslike sangoma hulle glo uitgewys het as die mense wat verantwoordelik is vir die twee sussies se dood.”

Bhembe sê Tshepiso Mokoena (22), wat vermoedelik betrokke was by die moord op die twee sussies, asook die moord op ʼn 20-jarige vrou, Khensani Sambo, is verlede week in hegtenis geneem. “Die verdagte, wat glo familie van die twee jong meisies is, beweer hy het op die betrokke dag die twee slagoffers aan mense oorhandig, wat die sussies toe vermoor het.

“Mokoena het reeds vlugtig in die hof verskyn in verband met die moord op Sambo. Hy sal Woensdag weer in dieselfde hof verskyn.”

Intussen sal drie mans (tussen 35 en 47 jaar oud) en ʼn vrou (47) ook vandeesweek in die hof verskyn op aanklag dat hulle betrokke was by die moord op die pastoor en sy broerskind. Hulle staan tereg op twee aanklagte van moord en twee van brandstigting.

Bhembe sê die polisie se ondersoek na die brandvoorval duur voort en nog inhegtenisnemings word verwag.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het voorvalle van boendoegeregtigheid in die provinsie se gemeenskappe veroordeel en gesê sulke optrede kan daartoe lei dat onskuldige mense die slagoffers word van die onbeheersde woede van die gemeenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
ne

Ek dink ons moet meer sulke mense aan die pen laat ry. Want die polisie spoor nooit die verdagtes op nie.

Blue Butterfly

Ek wonder waarom daar “onbeheersde woede” in gemeenskappe is. Dalk omdat misdaad soos ‘n tsunami oor Suid-Afrika spoel en landsburgers sien geregtigheid selde geskied. Soveel onopgelosde moorde, verkragtings, diefstalle, korrupsie, kapings en die lys gaan aan en aan.

piet piet

Artikel 5.1 van die perskode se jy kan na ras verwys indien dit nodig is in die geval van n verdagte se beskrywing is dit nodig reg of verkeerd?

James

CR die mense het ANC gestem en wil n beter SA he. Is dit hoe dit moet gaan. Wanneer gryp jy in????!!

Frm

Dit is die regstelsel wat hulle ken. Jysal let as jy dit ondersoek dat die vermoordes (pastoor en broerskind) se families hierdie moorde aanvaar. Dit is hoe hulle dink en nie ons westerse manier van die reg nie. Almal is nou gelukkig en gaan aan met hulle lewens.