Vier in hof ná hoewe-aanval by Rustenburg

(Foto: ANA)

Vier mans wat betrek word by ʼn gewapende rooftog op ʼn kleinhoewe buite Rustenburg verlede week, het Woensdag vlugtig in die landdroshof verskyn.

Die saak teen Sibusiso Mabelela, Anthony Masinga, Benjamin Zave en ʼn vierde vermeende betrokkene is tot volgende Donderdag uitgestel. Die vierde man staan tereg op ʼn bykomende aanklag van verkragting. Sy naam word weerhou tot hy op die aanklag gepleit het.

Die mans gaan na verwagting dan aansoek om borgtog doen. Die staat staan die aansoek teen.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 50-jarige vrou is Donderdag in haar huis op die hoewe buite die dorp oorval, aangerand en beroof. Sy het omstreeks 13:00 voetstappe gehoor waar sy in die kantoor van die onderneming wat sy en haar man van die kleinhoewe bedryf, gehoor, het kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder in Noordwes, vroeër gesê.

Een van die werkers op die perseel is oënskynlik met ʼn wapen gedreig en in die kantoor ingebring. ʼn Huiswerker is ook vasgebind. Die vrou het by die rowers gepleit om te vat wat hulle wou, maar om hulle nie te beseer nie, het Augoustides gesê.

Die aanvallers het die kluis se sleutel in die hande gekry en selfone, kontant, ʼn .303-vuurwapen en juwele gebuit. Die vrou is met kabelbinders vasgebind en deur die huis gesleep. Sy is ernstig aangerand en is onder meer met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek terwyl die huis geplunder is.

Die rowers het later met hul buit en ʼn motorfiets wat aan die vrou se man behoort, gevlug. ʼn Wegkommotor het vermoedelik digby die huis gewag.

Die tuinwerker was ná die aanval skoonveld en is steeds soek. Die huiswerker is nie ernstig beseer nie.

Die vier mans wat by die voorval betrek word, is vandeesweek in onderskeidelik Lethabong en die Siza- informele nedersetting in hegtenis geneem.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op die gesteelde vuurwapen, selfone en kontant. Die motorfiets is van sy onderdele gestroop en was in bokse verpak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Karlahari ·

Goed gedoen aan die polisie.
Dit is asof hulle deesdae baie meer suksesvol met voorkomende polisiering is en ook met die opspoor van misdadigers.
Ons Howe moet hulle net nie in die steek laat nie.
Maksimum vonnis en niks se gelyktydige vonisse nie.

Tinus Coetzee ·

Dit is duidelik dat die vrou haar nie teengesit het nie, inteendeel, sy het gesê: “Vat wat julle will hê, moet ons net nie seermaak nie.”
Nou word dit as ‘n huisroof behandel en aangeteken. Hierdie is ‘n haatmisdaad!
Niks minder nie.

Stephanus Mynhardt ·

Kan daar iets gese word oor dictator Joseph mathunjwa amcu leier.Hy verged homself en sy unie tot sy God status
Hy vat miljoene in ledegeld Sy vrou besit groot besigheid Hy versies myne met 5 maande stallings Vrees die media hom Daar is laas in 2014 melding gemaak van sy weelderige lewenstyl Is ons en media bang vir hom

Grobler Steyn ·

Hulle behoort vlg Don borg van 500rand te kry wat hulle genoeg tyd sal gee om voor die na week nog n blanke vrou of man te beroof en te verkrag viva ons humanitêre regstelsel

Swanna ·

Hoekom word die vierde persoon se naam weerhou. Hy word reeds aangekla vir roof en verkragting is maar nog ‘n klag wat by gevoeg gaan word as hy skuldig op dit bevind word. Nou ja ons ken die regstelsel, as jy wit is word jou naam uitgeblakker, andersom word alles verdoesle tot met skuldig bevinding.

Swanna ·

Ekskuus het vergeet dalk nog ‘n famiellid van die polisie wat betrokke is in die moord en roof saam verkragting saak, en hom se pa in die polisie is toe hak sy kop uit.

jakes ·

Spaar baie tyd en geld en oorhandig al 4 aan die gemeenskap. N begrafnisonderneming sal wel daarby baat.

ES ·

‘n .303 kaliber is nie ‘n vuurwapen (handwapen) nie – word dit dan nie as ‘n geweer geklassifiseer nie?

Attie. ·

Sephanus Mynhardt, ek wil graag lees wat jy probeer sê, maar ek kan nie iets verstaan nie, kan nie glo ons is albei Afrkaans nie….aggeneeman !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.