Vier in hof ná polisieman in lokval sterf

Argieffoto

Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op konst. Jabulani Mavundla van KwaZulu-Natal het hul aansoeke om borgtog laat vaar.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die vier mans het Maandag in die Eshowe-landdroshof in dié provinsie verskyn.

Zwane sê ná ʼn voorlopige ondersoek is vasgestel dat twee van die vier mans, intussen geïdentifiseer as Mhlakayifani Mpho Mathonsi (22) en Mbongiseni Madwa Thusini (21), verbind kan word met ʼn besigheidsroof in Mbongolwane in 2014.

Hy sê albei dié mans is in 2014 op borgtog vrygelaat in verband met die saak van besigheidsroof, maar ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming is uitgereik nadat hulle nie hulle borgvoorwaardes nagekom het nie.

Die vier verdagtes sal weer op 19 Januarie volgende jaar in die hof verskyn. Bykomende aanklagte van besigheidsroof is op Thusini en Mathonsi se klagstaat gevoeg.

Maroela Media het vroeër berig Mavundla is op 17 November dood toe hy en sy kollega deur gewapende misdadigers in ʼn lokval gelei is. Die twee polisiemanne was glo op pad terug na die polisiestasie toe die gewapende verdagtes op hulle losgebrand het.

Mavundla is geskiet en het beheer oor die motor verloor en teen ʼn boom gebots. Hy is op die toneel dood. Sy kollega is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Volgens Zwane het die verdagtes Mavundla se dienspistool en -geweer geroof voor hulle van die toneel gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Bestaan daar so n aanklag as besigheidsroof ? Is dit nie maar gewapende roof of net roof nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.