Vier in hof oor beweerde terreur-komplot

Riana Heymans

Vier persone, wat verbind word met ʼn groep wat daarvan verdink word dat hulle rasgemotiveerde terreuraanvalle by winkelsentrums beplan het, het Maandag in die hof verskyn.

Harry Johannes Knoesen (60), die selfverklaarde leier van die National Christian Resistance Movement (NCRM), ook bekend as die Crusaders, het saam met Riana Heymans (54), en die twee broers, Eric Abrams (55) en Errol Abrams (49) in die landdroshof in Middelburg, Mpumalanga verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede (POCDATARA) en dat hulle ‘n gesoekte verdagte versteek het.

“Hulle wou bomme by winkelsentrums en ander plekke laat afgaan op Swart Vrydag,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) aan die dpa-nuusagentskap gesê. Volgens hom het dié dag, waar handelaars groot afslag aanbied, “maklike teikens” vir die groep gebied.

Maroela Media het vroeër berig die vier beskuldigdes is verlede week in hegtenis geneem ná ʼn twee jaar lange ondersoek. Die polisie glo die groep wou strategiese nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aanval.

Harry Johannes Knoesen tydens sy inhegtenisneming. Foto: Valke

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op springstof, elektroniese toestelle, ongelisensieerde vuurwapens en 5 300 patrone.

Die saak is tot 21 Januarie 2020 uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Mulaudzi verwag nie dat hulle op borgtog vrygelaat sal word nie.

Karin Mitchell, wat ʼn boek oor die berugte Boeremag geskryf het, was ook in die hof. Sy het aan eNCA gesê sy is “geskok” om te hoor dat daar nóg ʼn “landswye, rassistiese groep” in Suid-Afrika werksaam is. “Dit moet ʼn gevestigde netwerk wees waar talle mense betrokke is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johan ·

“bomme plant in winkelsentrums” en “maklike teikens” …klink dit nie bekend nie? Darem snaaks, terroriste wat PRESIES dieselfde tipe gruweldade beplan en gepleeg het in die 60’s, 70’s en 80’s word vandag as “helde” vereer….?

Karin Mitchell is “geskok”… Siestog. Waarom skyf sy nie bietjie ‘n boek oor die ANC/SAKP, AZAPO, PAC ens. se terreurdade nie?

Michael P ·

Karen Micthell kan jy vir ons se hoe die ANC EFF BLF VERSKIL ASB.

Henk ·

Vir 2 jaar word die groep ondersoek en teiken hulle spesifiek swart Vrydag 2019? Werklik?

Daan Erasmus ·

Daar is net een ding gevaarliker as ‘n Moslem fundamentalis, en dit is ‘n Christen fundamentalis. En albei doen hul Godsdiens baie skade.

Gaitsigubib ·

Ag tog Dàan mens kannie hierdie kaalkop nar en sy 4man weermag as “uiters gevaarlik” bestempel nie. Dit klik vir my of hulle probeer het om die boksombende te laat herleef eerder as enige iets anders. Ek hoop nie jy wil groepe soos Alkida vergelyk met hierdie kaliber “clown” nie. Ek wed jou die ou was nie eers in die weermag nie. Wat is dit tog wat hy wou vermag het?

Adrian ·

Als bespiegelinge …….. bring die bewyse en dan skaar n mitchell haar aan die kant van die werklike terroriste …… ANC

elsa ·

EN wat van die mense moorde deur misdadigers wat GEEN aandga geniet ?
Wat van inbrake, kapings, Word daar opgetree? Daagliks versperrings op paaie, brandstigting, brutale aanvalle….en ander….

Natascha ·

Ek praat nie hul dade goed nie, maar kyk weereens waar is die rasistiese streep in SA, Die EFF en BLF kan rasisme en haatspraak in die openbaar uitspreek, waar le geregtigheid???????
Nee kyk as jy wit is is jy nou maar een maal gedoem.
Kyk mense bly weg van die fone. en asb stop die aleweige gevegte tussen wit en swart.

JPV ·

Geskok oor dat daar nog rassistiese groepe is. Het iemand die vrou al vertel van die EFF en BLF en die terreur wat hulle so openlik propageer.

chrisjan ·

JVP dit sal niks help nie want sy leef in ‘n droom wereld van haar eie!

Sanna ·

Fopnuus. Sover ek weet is hierdie mense wat liefdadigheidswerk verrig onder alle gemeenskappe van swart tot wit, dalk is hullew ontstig oor niemand die waarheid omtrent die ontstaan van swart vrydag erken nie.

Kas ·

Dink self wat sou in hierdie land gebeur het as ‘n bom in Soweto ontplof het en hordes mense gedood is.Ons is by verre in die minderheid.Moorde op blankes sou in velheid toegeneem het.Moet my nie stenig nie.My politiek is reg maar ek is regdenkenk.Misdade is nie teen die staat gemik nie maar terrorisme wel.’n Handjie vol mense kon ‘n burgeroorlog ontketen her en wie is lus daarvoor.Dink maar aan die oorloeë in Suidwes en Rhodesië.

@Kas ·

Kas dit was my eerste en laaste gedagte ook. Dit sou oorlog gewees het in hierdie land as hierdie groep in die doel geslaag het!

Werner ·

Wel as ek so na die moorde op blankes kyk is ons lankal in n oorlog of dink jy dit is normaal

Annelize ·

Dankie tog hier is iemand met regwerkende grysstof!

Want dink hulle sou gebeur het as hulle in hulle doel geslaag het? Dit sou absoluut die vonk gewees het wat die kruitvat finaal sou laat ontplof het en ‘n Burgeroorlog sou ontketen het. Of was dit hulle eintlike doel, Burgeroorlog? Of propageer hulle ook “iminent” anargie teen die blanke, of hou hulle asems op vir die sogenaamde “Nag van die lang messe”, en noudat hulle sien maar dit gebeur nie soos dit “voorspel” word nie, nou wil hulle dinge so bietjie “aanhelp”?

Duidelik het hulle nie ‘n idee wat ‘n oorlog is nie. Hulle sou straks die eerstes gewees het om stert tussen die bene weg te hardloop as dit gebeur.

Dinge in hierdie land is nie reg nie, maar two wrongs don’t make a right, en hierdie mense maak dinge NET NOG moeiliker vir die blanke in hierdie land. En die feit dat hulle Christenskap aan hulle dade koppel, is ‘n doodsonde in my oe.

Weet nie waar in hulle Bybel hulle regverdigingsgronde kry vir dit wat hulle beplan het nie.

Leon ·

Is dit nie wat die ANC, PAC en SAKP van 1960 tot 1994 gedoen het nie? Nou hoekom is die regering kwaad. Hy moey hulle omarm en hulle vertroetel want hulle is dan identies dieselfde as die regering. Voëls van ‘n eenderse vere. Hulle kan nou as kaders bekend staan.

Feite ·

Enige aanslag wat beplan word teen onskuldige mans, vrouens en kinders is n lafhartige daad, maak nie saak of dit godsdiens georienteerd is of nie!

Verstom ·

Kan nie glo daar is mense wat hierdie gedrag verdedig nie. Maak nie saak wat ander groepe doen of gedoen het nie. 2 wrongs don’t make a right. Plaas begin mense met liefde na mekaar kyk.

Jacques ·

Hoekom is die mense nou so geskok ? Wat van die bom in Kerk straat – Pretoria ?
Wat van al die kinders wat met hulle lewe geboet het op die grens ? Wat van die mense wat dit wel gemaak het op die grens se welstand na die oorlog ?
En die regering gaan aan oor mense wat oor twee jaar iets WOU doen ? Regtig , is dit die beste wat julle kan doen of se ????? Ek WOU n miljoener geswees het , nou wat nou ????

Sic? ·

Het die “pastoor” dalk Levitikus 19:28 gelees oor tatooos ? ll Petrus 2:2 en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word “

Annelize ·

Sic?, my eerste gedagte ook.

Nee wat, ek loop draaie om sulke selfgeproklameerde mense, dankie.

Anoniem ·

Nou wat van plaasmoorde………….dit is seker die grootste epidemie van ons tyd waaraan absoluut NIKS gedoen word nie, hierdie mense het nog nie eens die dade gepleeg nie maar word in hegtenis geneem……..I rest my case, ai tog die regstelsel darem

Rina ·

Enige beweging maak nie saak watter party of kleur of beweging wat sulke dade beplan is normaal nie. Dit is afskuwelik. Julle is nie siele van GOD nie dink eerder van satan self

HPV ·

Plofstof in winkelsentrums ens, die oorlogvoering van ‘n lafaard, die verlede, hede en toekoms. Daar slegs veragting en minagting vir die tipe mense wat onskuldige ongewapende mense waaronder kinders deur ploftoestelle en destyds landmyne op ons grens dood en vermink.

Zumie ·

Lyk vir my na die volgende “show trial” a la Boeremag2 met die doel om die boodskap na bleek Jan Alleman deur te kry dat geen teenstand gedoog word nie en hom in onderdanigheid in te dwing. TIpies in hierdie soort sake is die allerverskriklikste getuienis oor wie en wat alles vernietig sou word. …. maar alles staan nog…. Heelwat makliker om getuienis voor te kry.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.