Vier in hof oor bylmoord

Sam Mbatha (Foto: Sam Mbatha/Twitter)

Arthur Khoza (19), Thato Masetla (22), Junior Modise (21) en Mahlatsi Nkuna (21) se saak het Vrydag in die Ga-Rankuwa-landdroshof voorgekom in verband met die moord op Sam Mbatha.

Junior Modise is steeds voortvlugtig en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Sy borgtog is ook teruggetrek.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Masetla het sy aansoek om borgtog teruggetrek. Khoza en Nkuna is steeds uit op borgtog van R500 elk. Volgens hul borgtogvoorwaardes moet hulle elke Woensdag en Sondag tussen 17:00 en 18:00 by die Klipgat-polisiestasie aanmeld. Hulle mag ook nie met staatsgetuies inmeng nie.

Mbatha se liggaam is op 17 Junie 2021 in ʼn uitgebrande Hyundai i20 gevind by ʼn sokkerveld in Ikageng, Klipgat. DNS-toetse het sy identiteit bevestig.

Die polisie se ondersoek het hulle op 21 Junie 2021 gelei na ʼn huis in Phutha. “Die huis is deursoek en daar is bloedvlekke op die vloer, onder en bo-op die bed en op die mat gevind. ʼn Byl, wat vermoedelik tydens die moord gebruik is, is op die dak van die huis gevind.”

Die beskuldigdes se saak is tot 17 Mei 2022 uitgestel vir verdere ondersoek. Die direkteur van openbare vervolging in Noordwes is besig om die saak na die hooggeregshof oor te plaas weens die ernstige aard van die misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.