Vier in hof oor miljoene rande se skolevoedingsplan-bedrog

skool

Argieffoto

ʼn Voormalige werknemer van die Oos-Kaapse onderwysdepartement het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Oos-Londen verskyn in verband met korrupte bedrywighede by die departement van onderwys se verkrygingsplan vir skolevoeding.

Zukiswa Wana het saam met drie medebeskuldigdes, Milisa Ngcukana (41), Sibulele Mnyande (39) en Mzodumo Sijadu (54), in die hof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery. Die maatskappye Lowd Trading Enterprise en Ariona Trading 659 word ook aangekla.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, word beweer dat Wana die departement van onderwys tussen 2012 en 2013 uit R2,9 miljoen bedrieg het deur die verkryging van voorraad vir die departement se skolevoedingsprogram. Dít is gedoen in samewerking met diensverskaffers.

Wana het na bewering fakture vervals om aan te toon dat dienste gelewer is en betalings is met behulp van die diensverskaffers, Lowd Trading Enterprise en Ariona Trading 659, se bankrekeninge gemaak.

Mogale verduidelik Wana was verantwoordelik vir die verwerking van koshuisgeldbetalings oor die hele provinsie. Sy het na bewering die geld aan niksvermoedende diensverskaffers op die departement se databasis oorgedra net om hulle later te nader en ʼn terugbetaling te eis aangesien sy kwansuis ʼn foutiewe betaling gemaak het.

“Die terugbetalings sou dan in ander bankrekeninge gedeponeer word en onder meer aan die aankoop van eiendom bestee word,” het Mogale verduidelik.

Die saak is tot Januarie 2020 uitgestel vir ʼn datum in die streekshof. Die beskuldigdes is elkeen borgtog van R10 000 toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andy ·

Is daar nog enigiets oor in die land wat nie met bedrog gevul is.

johan II ·

Kos uit kinders se monde vat…dit is dsrem maar erg. Hulle voel maar niks vir ander en mekaar nie.

Maljan ·

Die presedent is geskep. Gratis grond, gratis huise, gratis krag, al is dit DMV onwettige konneksies, so hdh nie gratis geld nie?

Hanlie ·

Ja nee, alweer ‘n swarte wat betrokke is by geldwassery. Dis ‘n skande dat hulle die kindertjies ook daaronder laat ly.

Santjie ·

Dis almal BEHALWE hulle wat die kos uit die kinders se monde vat.

EKKE ·

Het die mense nie ‘n gewete nie? Hoe meer dae, hoe meer dinge. Waar gaan dit alles eindig?

Willie ·

Dis baie sleg, die ergste is, in hul briene kom hulle dit toe…

Anoniem ·

Man gaan kyk hoe lyk dit in Noord Afrika. Hulle het geen gewete, maak kinders dan le daai kind sonder n draad klere uitgeteer op straat met die vliee wat om hom pak en wag net op die dood. God het die witman gestuur tot sy redding maar dan word die witman vandag vermoor en uitgeskel as die gemors van die aarde. Wie befonds die voedsel projekte in Afrika lande . Vra hoeveel swart bemagtigde maatskappye is betrokke.

Angel ·

Los asseblief die rasse uit , Daar is baie ander skelms ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.