Vier in hof oor renosterhorings

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hulle 112 renosterhorings ter waarde van R116 miljoen gesteel het, het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Die saak teen Gideon Mtshali (51), Leonard Sizwe Malatjie (34), Velly William Zwane (43) en Selby George Khoza (39) is tot 8 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Staatsaanklaer Ansie Venter het in haar afwesigheid die uitstel versoek. Die saak is voorheen ook uitgestel toe Venter glo siek was. Die vier mans word daarvan beskuldig dat hulle die horings uit die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) se kluise gesteel het.

Mtshali en Malatjie is onderskeidelik op 6 en 7 Junie in hegtenis geneem. Khoza is op 23 Junie by sy werkplek in Pretoria in hegtenis geneem en Zwane is op 2 Julie in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Mtshali en Malatjie het onskuldig gepleit op aanklag van huisbraak en diefstal. Khoza en Zwane is nog nie gevra om te pleit nie. Die beskuldigdes is vroeër op borgtog van R20 000 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.