Vier in hof oor Sithole-moord

Die vier beskuldigdes. Foto: SAPD

Die vier beskuldigdes. Foto: SAPD

Die vier mans wat aangekla word van die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole, het Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Die saak teen Mthinto Bhengu, Sizwe Mngomezulu, Ayanda Sibiya en Sifundi Mzimela is tot 4 Mei uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

Sithole (35), ʼn straatverkoper, is die naweek in Alexandra aangeval. Die beskuldigdes het Sithole glo genader en produkte geneem sonder om daarvoor te betaal. ʼn Rusie het ontstaan en Sithole is met ʼn mes gesteek. Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy later gesterf het. Foto’s van Sithole wat aangeval word en bloeiend langs die straat lê, het Sondag op die Sunday Times-koerant se voorblad verskyn.

ANC-ondersteuners het intussen Dinsdagoggend buite die Alexandra-landdroshof betoog en geëis dat die verdagtes borg geweier word. David Makhura, premier van Gauteng, en Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir veiligheid en sekuriteit, het saam met senior lede van die Nasionale Vervolgingsgesag die hofverrigtinge bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Volgens die kleredrag is die mense glad nie arm, die Uzzi sweat shirt R500 elk, nie gepraat van die broeke en skoene, elkeen se klere kos seker R1000 plus. Hoekom iemand vermoor vir een sigaret se prys, die aanklag, rooftog wat skeef geloop het. Dit was ‘n aanval met die intensie om te vermoor.

A.Willemse ·

Was een enkele plaasmoord al met soveel ywer ondersoek en opgevolg ?

jacques ·

Kyk mooi hoe lyk hulle volgende maand loop hulle weer rond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.