Vier in hof oor vermiste albinovrou se moord, lykskending

Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes, waaronder ʼn geloofsgeneser, het in die hof verskyn weens die moord op ʼn 20-jarige albinovrou wat sedert die begin van vandeesmaand vermis is en wie se erg geskende liggaam Sondag in ʼn vlak graf in KwaZulu-Natal gevind is.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Bhekukufa Gumede (65), ʼn plaaslike geloofsgeneser, Siyabonga Gwala (18), Lindokuhle Khumalo (19) en Mandla Mabuza (19) het Maandag in die Emanguzi-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

Dit volg nadat die slagoffer, Thandazile Mpunzi, se liggaam in stukke in die vlak graf in die Emanguzi-omgewing aangetref is. Daar word vermoed dat sy verwurg is voordat sy in stukke opgesny en begrawe is. Mpunzi is op 5 Augustus deur haar naasbestaandes as vermis aangemeld.

“Die polisie het sedert die saak aanhangig gemaak is, baie nou met die gemeenskap saamgewerk en Sondag inligting ontvang wat tot die inhegtenisneming van die drie jong verdagtes gelei het,” het Zwane gesê. “Die geloofsgeneser is later die dag in hegtenis geneem omdat hy glo by die moord betrokke was en na bewering die ander drie verdagtes gehelp het om die vrou se liggaam te skuif en ook sekere liggaamsdele gevat het.”

Die saak is tot 25 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Wat dink hulle kan ‘n albino se liggaamsdele vir hulle doen? Ek kan dit nie glo nie – na meer as 360 jaar glo hulle nog aan al hierdie gemors! Die “geloofsgeneser” is ook seker ‘n plain boer TOORDOKTER!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.