Vier verdagtes het Woensdag in die Stilfontein-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die diefstal van spoorstawe van Transnet ter waarde van R8 miljoen.
Die vier verdagtes, Gerhardus Janse van Vuuren (42), Christiaan Janse van Vuuren (35), Ellton Mostert (40) en Mario Mulanga (40), word aangekla van die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur asook die diefstal van ysterhoudende metale wat deel vorm van die noodsaaklike infrastruktuur.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie, sê die spoorstawe is reeds in Julie 2018 in Orkney in die Noordwes-provinsie as gesteel aangemeld.
Inligting oor die gesteelde stawe is deur die polisie opgevolg en dit het hulle na die eerste verdagte se sakeperseel gelei. Tydens ʼn soektog is spoorstawe wat meer as 130 000 kg weeg na bewering op die perseel gevind. Die polisie het op die stawe beslag gelê en die ondersoek voortgesit.
Die verdagtes is ná verdere ondersoek in hegtenis geneem.
Die saak is tot 1 Julie uitgestel, wanneer die verdagtes in die Klerksdorp-streekshof in Noordwes sal verskyn.
Hier klink iets nie lekker nie. Die vier sou nie 130 ton staal kon rond dra nie. Verder, hoekom sou hulle vir 2 jaar die spore op die perseel hou? Hoekom dit nie smelt en verkoop of van ontslae raak as hulle dit nie kon verkoop nie
Ek ruik n rot
Wow maar hierdie ouens was fluks. Wie koop Treinspore op of gebruik hille dit vir ankerpale
Daar moet dus n afset vir dit wees, skrootmetaal kopers is ook betrokke.
Devil’s advocate. Hoeveel miljarde ton se spoorstawe lê landwyd in onbruik of is jare laas gebruik? Ek weet ban hoeveel waar treine bitter lanklaas geloop het. Die hele spoorweg stelsel is drein af. Is daar nou hoop day dit haan opstaan as hulle agterkom stawe is weg?