Vier in hof vir moord

(Argieffoto ter illustrasie: Pixabay)

Vier mans tussen die ouderdomme van 27 en 35 sal Dinsdag in die Mdutjana-landdroshof op Siyabuswa, Mpumalanga, op aanklagte van moord verskyn.

Die mans is in verband met die moord op ʼn 33-jarige man, Cecil Malefahla, in hegtenis geneem.

Volgens Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die slagoffer se lewelose liggaam op 26 Julie in ʼn bebosde gebied in dié omgewing gevind.

“Die man is op 17 Julie vanjaar deur sy ma as vermis aangemeld. Hy het glo sy huis in sy wit Volkswagen Polo verlaat en nooit weer teruggekeer nie.”

Al vier verdagtes is Sondag deur die provinsiale ondersoekeenheid in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Sjoe.. Regtig? Wat het van ons eens veilige omgewing geword. Jy is nie meer seker of jy by jou bestemming gaan uitkom as jy eers jou huis verlaat het nie!