Vier in hof wat vrou glo ontvoer, swangerskap beëindig

Argieffoto

Drie mans en ʼn vrou het Maandag in die hof verskyn ná hulle glo ʼn jong vrou (20) ontvoer en onwettig gedwing het om haar swangerskap te beëindig.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê Seyikabi Wilson (46), Jingo Wassua (35), Njombozi Katiti (43) en Lydia Mojemba (34) het in die Secunda-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, moord en poging tot moord.

“Volgens inligting wat aan die polisie beskikbaar is, is die slagoffer ontvoer deur drie mans en ʼn vrou wat haar tante is, en na Ogies geneem waar hulle haar glo in ʼn kamer toegesluit en die prosedure uitgevoer het. Daarna het hulle die doodgebore baba in ʼn plastieksak toegedraai en op ʼn treinspoor gelos,” het Bhembe gesê.

Volgens Bhembe kon die vrou daarin slaag om die deur oop te sluit. Sy het ʼn rygeleentheid na Secunda gekry waar sy die saak by die polisie aangemeld het.

Die motief agter dié voorval word steeds ondersoek.

Die saak is tot 30 Julie uitgestel wanneer die verdagtes na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

rafel ·

hier is ‘n boosheid/euwel in sommiges wat mens se asem wegslaan; daar is geen perke nie. hoe afskuwelik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.