Vier in huis in Mitchells Plain doodgeskiet

Argieffoto

Drie mans en ʼn vrou, tussen 30 en 32 jaar oud, is Dinsdag in die vroeë oggendure in Mitchells Plain in Kaapstad doodgeskiet.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring beamptes van die polisie se teenbende-eenheid het vanoggend die moordtoneel vir leidrade gefynkam nadat die slagoffers in ʼn huis in Hazeldenestraat in Portlands doodgeskiet is.

Volgens Potelwa het ʼn motor voor die huis stilgehou waarna drie insittendes uit die voertuig geklim, in die huis ingestap en verskeie skote afgevuur het voordat hulle op die vlug geslaan het.

Speurders oorweeg in dié stadium enige moontlike motiewe, waaronder bendegeweld, het Potelwa verduidelik.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by die teenbende-eenheid by 0800 664 264 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Die ou mens haat mekaar darem? Gee my liewer ‘n dier om lief te he! Ou Bessie die kat, en Asjas die brak, vra vir niks anders as ‘n gemaklike plekkie om te le, water, kos en liefde. In ruil kry jy soveel terug, en hulle skiet jou nie dood!!

jacqueline ·

Hoe stap jy net in die vroee oggendure in iemand se huis in – is/was die deure dan nie gesluit nie?

Snip ·

Ja nee Jacqueline, sal ook wil weet wat is daai oggend tye gewees. My deur is vroeg aand tot ons werk toe gesluit en oor naweke maak ons net die hout deure oop, behalwe vir as ons nou buitekant toe gaan. Let wel, ook nie ongewapen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.