Vier in Jhb vas oor terreur

Argieffoto

Argieffoto

Vier jong mense is op terreurverwante aanklagte in Johannesburg aangekeer.

Volgens die Valke volg die inhegtenisnemings ná ʼn uitgerekte ondersoek in samewerking met die departement van staatsveiligheid oor moontlike terreuraktiwiteite in Johannesburg.

Die vier verdagtes, tussen 20 en 24 jaar oud, is in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die Valke, die nasionale intervensie-eenheid, die bomeenheid en ander wetstoepassingsagentskappe in Newclare en Azaadville, Johannesburg. Daar is op talle items beslag gelê vir verdere ontleding.

Volgens die Valke is die vier verdagtes geïdentifiseer nadat hulle in 2015 na Sirië probeer reis het, glo om by die Islamitiese Staat (Isis) aan te sluit. ʼn Internasionale lugredery het egter geweier dat die vier reis nadat hulle van hul planne te hore gekom het.

Lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het gesê die inhegtenisneming van die vier verdagtes is ʼn groot stap vorentoe in die stryd teen terreur. “Ons kan egter nie sê die probleem is opgelos nie. Terreurorganisasies gaan voort met werwing in ons land en as wetstoepassingsagentskappe sal ons voortgaan om onverpoos te werk ten einde dit te probeer keer.”

Ntlemeza het gesê wetstoepassingsagentskappe sal op hoë gereedheidsgrondslag bly om die veiligheid van Suid-Afrikaners te verseker. “Ons sal enige poging om terroristegroepe in ons land te vorm ontlont. Ons mense moet ook waaksaam wees en enige verdagte aktiwiteite by die polisie aanmeld,” het Ntlemeza gesê.

Twee van die verdagtes sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op terreurverwante aanklagte, terwyl die ander twee verdagtes in die Kagiso-landdroshof sal verskyn op aanklagte wat met vuurwapens en plofstof verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

snoefie ·

spieeltjie spieeltjie aan die wand……

ai lyk of die knape met kennisgewings om hulle nekke gaan kaartjies bespreek het.

Piet Pompies ·

Die probleem met hierdie soort situasie as dat die buiteland met lande soos Amerika ons land verdink van terrorisme en dat ons ISIS lede huisves. Hierdie lande vat nie nonsens van ISIS en sal hulle uithaal waar hulle kan, ongelukkig is daar sagte teikens in die ongewing soos lede van die publiek. Hierdie MO is ook tipies van ISIS om te verseker daar is sagte teikens naby vir propaganda doeleindes. Uitstekend dat die inhegtenis naming van ons kant af gekom het.

Pieter ·

Nou ja waar is die slimmes wat gese het hulle glo nie hulle sal na SA toe kom vir aanvalle nie??

Grassie ·

Pieter – ek is een van jou sg “slimmes” wat gesê het hulle sal nie sommer hier aanvalle uitvoer nie. Hulle het nie hier kom aanval nie – die berig is tog duidelik – hulle woon hier en wou na Sirië gaan om daar aan aanvalle deel te neem. Die moontlikheid dat een of ander ekstremistiese Moslem hier sal terreurdade pleeg bestaan altyd, maar op hierdie stadium dink ek nie ISIS sal hier optree nie. Dit kan egter verander as die regering voortgaan om hul werwingsaktiwiteite in die wiele te ry.

Jef ·

Gaan hulle ook aansoek doen vir borgtog soos die moordenaars en verkragters in SA kry.
Plaasmoorde, verkragting, aanranding ens. gaan maar aan elke dag en regering doen niks nou word met hierdie tereur aanvalers alle instansies en nasionale eenhede ingeskakel om hulle te stop.
Weet nie meer nie, mens is nerens in die wereld veilig nie.

fransie ·

Die regering moet die grensposte toe maak en visas terug bring. Daar is europa, as jy wil gaan kuier daar moet jy omtrent n 100 vrae antwoord voor jy kan gaan vakansie hou of toegelaat word in die land. Hoekom kan dit nie ook so wees hier nie. Ons het n slapgat regering wat alles toe laat dis hoekom dit so gaan in suid afrika

Maria van Dieweeck ·

Het ons nie al genoeg terroriste nie? Nou moet ons nog met IS ook opgeskeep sit! Zuma Vader van stelende, lamhandige, lamsakke, DANKIE VIR NIKS! Wat kan ons self doen?

Arno ·

Ja, en so ‘n paar jaar terug op die program NCIS het hulle gesê “Not all muslims are terrorists, but all terrorists are muslims!” … Laat mens nogal dink…. Wens ons kan maak soos in die UAE – net omgedraai: in jou eie compound kan jy jou tradisionele klere dra soos jy wil, maar op straat moet jy met westerse klere verskyn… Met al hierdie dreigemente en terreur voorvalle, wonder mens deesdae wat word dalk onder daai gewaade weggesteek.

Theuns ·

Herman Toerien se kommentaar vandag het betrekking. lees dit!

CHRISTA ·

Hoekom is die ANC nou bekommerd oor terrorisme? Dit was altyd HULLE modus operandi!!! Wys jou: WAT JY SAAI SAL JY MAAI!!!

Rina Pretorius ·

dit gebeur wanneer n mens jou landsgrense oopgooi vir almal wat wil kom maak soos hulle wil. waar is die army om ons grense te bewaak soos vroeer jare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.