Vier in KwaMashu-hostel doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is by die KwaMashu-hostel, noord van Durban in KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende mans het die hostel Vrydagaand binnegestorm en die vier mans doodgeskiet.

ʼn Taakspan is intussen op die been gebring om die moorde te ondersoek. Die taakspan bestaan uit lede van die Valke, misdaadintelligensie en speurders.

“Bykomende mannekrag, insluitend lede van die openbare-orde-polisie, is in die gebied ontplooi om die situasie te monitor en te patrolleer,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Dit is kultuur,,,, hoe moet ons land se moorde stop. Dit is net normaal vir onse prez,,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.