Vier ‘inbrekers’ loop rieme styf

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Vier verdagtes is deur die loop van Dinsdagaand in Cullinan, oos van Pretoria, in hegtenis geneem in verband met twee afsonderlike huisbrake in die omgewing.

“Die polisie het Woensdag om 04:00 op ʼn klag van huisbraak gereageer, waarna ʼn middeljarige man langs die slagoffer se erf aangetref en in hegtenis geneem is,” het konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagte het na bewering toegang tot die slagoffer se erf verkry deur die muur te breek. Die verdagte het ʼn motorfiets gesteel en in die veld weggesteek voordat hy in hegtenis geneem is. Die motorfiets is later teruggevind.

“In ʼn afsonderlike voorval is drie verdagtes, tussen 20 en 28 jaar oud, Dinsdagaand in hegtenis geneem. Hulle word moontlik verbind met ʼn inbraak in November by ʼn huis op ʼn kleinhoewe in die omgewing, waartydens duur motoronderdele gesteel is,” het Moganedi gesê.

Die polisie het die verdagtes danksy puik speurwerk in hegtenis geneem.

Die vier verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JC ·

Dankie aan die manne in blou, julle maak mens soms nog bitter trots:)

Theresa ·

JA! vang die misbaksels! Watter vermetelheid om ‘n muur te breek om toegang tot ‘n ander persoon se eiendom en besittings te verkry. Verregaande en moet ekstra swaar gestraf word en alle skade betaal (al is dit R5 ‘n maand).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.