Vier kapers sterf tydens jaagtog

Al vier die vermeende kapers in die Audi is op slag dood. Foto: Verskaf

Vier verdagtes is Vrydag kort ná middernag in ʼn botsing dood in die Audi wat hulle na bewering kort tevore gekaap het.

Die rooi Audi is omstreeks middernag gekaap op die Gautengse myndorpie Devon, sowat 35 km suidoos van Springs. Plaaslike polisiebeamptes het hulle agternagesit.

Tydens die jaagtog, in die omgewing van Nigel, sowat 30 km van daar, het ʼn lid van Ekurhuleni se metropolisie (EMPD) by die polisiebeamptes aangesluit.

ʼn Poging deur die Audi-bestuurder om die EMPD-lid in ʼn VW Golf te verhoed om by hulle verby te gaan, het tot ʼn botsing gelei. Die bestuurder van die Audi het beheer oor die voertuig verloor en in ʼn muur by die Sasol-motorhawe op Nigel vasgery.

Al vier die insittendes van die Audi is op slag dood in die ongeluk omstreeks 00:15.

Wilfred M. Kgasago, EMPD-woordvoerder, sê die vermeende kapers se makkers het glo met nog twee motors gery, waarvan die een ʼn Mercedes-Benz was, en die ander nie uitgeken kan word nie. Albei dié motors is nie weer ná die ongeluk gesien nie.

Kgasago sê ʼn gelaaide 9 mm-pistool is op die toneel teruggevind.

Die metropolisiebeampte het geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Sou graag wou verneem van die naasbestaandes van die vier “verdagte” kapers: het julle geweet waarmee is jul gestorwe helde besig? En ken julle dalk hulle meelopers – wys hul uit asb. Dan sal ons miskien simpatie met jul verlies he.

SoosDitIs ·

Nou is daar nie nodig om n saak oop te maak wat maande gaan sloer terwyl hulle op vrye voet sou wees nie.

Sterkte aand wie ookal se kar dit was, hoop jy het versekering.. Ongelukkig het niemand meer respek vir enigeen se besittings nie.

Lindy ·

Vrydag kort na middernag? Seker laas week en nie vandag nie #maroela media?

Sune van Heerden ·

Dagsê Lindy

Dit was inderdaad vanoggend kort ná middernag (dus deur die loop van Donderdagnag/Vrydagoggend).

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hans ·

Ai die kard lyk regtig sleg. Sterkte en spoedige herstel vir Metro lid

Cherokee ·

Miskien eis die familie van die kapers nou van die padongelukke fonds want ‘n inkomste is hulle ontneem.

Jaxi ·

Padongelukke is ook bankrot, dalk sal hul nageslag ook probeer om hul afgestorwe leiers se skoene vul.
Wicked circle of life…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.