Vier kinders het Maandagaand in ʼn informele nedersetting in Kaapstad doodgebrand.
Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brand-en-reddingsdienste, het Dinsdag gesê ʼn brand het Maandag omstreeks 20:15 in ʼn plakkershut in Khayelitsha uitgebreek.
“Vier informele strukture en twee formele strukture is deur die brand beskadig,” het Layne gesê. “Die vier kinders wat dood is, is drie meisies, tussen 18 maande en drie jaar oud, en ʼn sesjarige seun.”
Die oorsaak van die brand moet nog bepaal word. Die polisie ondersoek die voorval.
Nou waar was die ouers?
Vra jy Scalla! Wonder myself. Baie erg, arme kids