Vier kinders brand dood

Argieffoto: Justin Sullivan/Sullivan Photography

Vier kinders, drie meisies en ʼn seun, het Donderdagaand in ʼn huisbrand in Noordwes gesterf.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die kinders, tussen vyf en sewe jaar oud, het in ʼn plakkershut in die Phofung-gedeelte van Madibogopan, noordoos van Stella, doodgebrand.

“Die brand het omstreeks 20:30 uitgebreek. Die kinders was alleen in die plakkershut terwyl die ma van twee van die kinders na bewering by haar bure was,” het Makau gesê.

Die kinders is op die toneel dood verklaar. ʼn Vyfde kind, ʼn 11-jarige seun, het die brand oorleef en is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die Madibogo-polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alida ·

Dit is aaklig. Watse ma los 5 kinders alleen in plakkershut. R6 m rand se standbeeld kan n paar huise bou praat nie eers van die miljarde wat gesteel word nie. Mens wil kots as jy hierdie goed lees. Daar HOEF nie een enkele plakkershut in SA te wees nie. Die leiers en hul trawante moet net ophou STEEL. Arme kindertjies.

w ·

Alida dis presies hu ek ook vOel. Govt voel vere. Indien hul iets gevoel het vi die dakloses sou hul huise bou en nie steel ni. Selfs dai miljoene van Nkandla kon heelwat huise gebou het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.