Vier kinders brand dood

kersVier kinders het verkool in Fouriesburg in die Vrystaat toe ʼn brand in ʼn informele huis by De Pan-plaas uitgebreek het, het die SAUK Sondag berig.

“Die vier meisies, tussen vyf en 13 jaar oud, is glo alleen gelaat in die huis,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, aan die uitsaaier gesê. “Die oorsaak van die brand is vermoedelik ʼn brandende kers.”

Mophiring het gesê die ma het na die huis gehaas om die kinders te red, en is in die proses beseer. Sy is in die Dihlabeng-streekshospitaal opgeneem, het die SAUK verder berig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sumo ·

Wanneer gaan ouers leer, jy los NIE jou klein kinders alleen tuis nie. Veral nie waar daar kerse brand, ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.